316046355_711318907026022_1725128460697206370_n
316046355_711318907026022_1725128460697206370_n

Swartbooi verdedig motoraankope

Jemima Beukes,Tanja Bause
Jemima Beukes – Ontevrede lede van die Landless People’s Movement (LPM) het die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) genader om eise te ondersoek dat N$1,7 miljoen uit die party se geldkoffers geneem is om vier voertuie vir sy topleierskap in hul persoonlike hoedanigheid te koop, insluitend die vrou van die partyleier, Bernadus Swartbooi.

Dit ondanks die feit dat die LPM se laer strukture in die streke beweer hulle sukkel om partybedrywighede en ander operasionele aangeleenthede uit te voer weens mobiliteitsuitdagings.

Josefina Nghituwamata, die ACC se woordvoerder, het bevestig dat die saak verlede maand by die liggaam aangemeld is.

Daar word verneem dat partyfinansiering gebruik is om die voertuie te koop wat na bewering in die name van die begunstigdes geregistreer is.

Die voertuie sluit ’n Toyota Fortuner, twee Volkswagen Tiguans asook ’n Volkswagen Polo in.

Volgens registrasiedokumente wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, is die Fortuner in die naam van die party se tweede-in-bevel Henny Seibeb geregistreer, terwyl Swartbooi se vrou, Moetie, en die party se tesourier-generaal. Aina Kodi. elk ’n Tiguan gekry het.

’n Polo is in die naam van die party se administrasiehoof, Labazana Kohima, geregistreer.

Die party het gesê die voertuigreëling is die gevolg van die “korporatiewe benadering” wat die party gevolg het.

Die dokumente stel ook voor dat die party vir hierdie voertuie se versekeringspremies betaal, ten spyte daarvan dat die motors in die name van individue geregistreer is.

Die ACC het gesê hulle het sedertdien die saak van hulle kant af gesluit en die saak daarna aan die party oorhandig.

Nghituwamata het gesê die agentskap het die klaer aangeraai om die party se sekretaris-generaal te kontak of die polisie te nader en 'n bedrog- of diefstalsaak te open.

“Dit is omdat die saak buite die ACC se mandaat val. Dit is die huidige stand van die saak. Ongelukkig is die aangeleentheid anoniem aan die kommissie voorgelê en ons kan nie direk terugvoer aan die klaer gee nie.”

Tydens ’n mediakonferensie het die party probeer om die voertuigaankope te verduidelik

Op ’n vraag waarom ’n voertuig wat met partyfinansiering gekoop is, na bewering in sy vrou se naam geregistreer is, het Swartbooi gevra waarom joernaliste versuim het om die befondsing wat aan die eerste vrou, Monica Geingos, toegeken is, te bevraagteken.

“Ons sal aanhou motors koop. Ons assessering wys ons benodig 100 voertuie en ons sal dit aan baie van ons lede toewys, selfs op hul name sodat hulle behoorlik vir die voertuie kan sorg.

“Ons gaan in ’n gepaste konteks op hierdie dinge reageer, maar wanneer ons as ’n party besluit het om ’n korporatiewe benadering te volg in wat ons ook al hier doen, is dit wat ons moet verdedig.”

“Ons het as party besluite geneem oor hoe ons die geld bestee. Behalwe dit, is daar hierdie vermoede dat ’n party soos die LPM slegs uit staatsfinansiering bestaan. Ons het vanaf 2019 ’n veldtog gevoer sonder ’n enkele sent van die staat. Waar het ons daardie geld vandaan gekry? Van ons lede.”

“Wat ook belangrik is, is dat ons net van ons raadslede meer as N$1 miljoen kon invorder, want hulle betaal ’n maandelikse bedrag. Daarom kan ons besparings hê van meer as ’n bedrag wat ons nie hier kan noem nie,” het Swartbooi gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!