Telecom faal in saak oor lisensies
Uitspraak Vrydag gelewer
Telecom Namibia het in 'n onlangse hofsaak aangevoer dat dit verliese sal lei weens Cran se besluit.
Telecom Namibia se poging het misluk om die besluit tersyde te stel om sy spektrumlisensies te kanselleer.
Regter Thomas Masuku het Vrydag in die Windhoekse hoërhof Telecom se aansoek teen die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie (Cran) van die hand gewys.
Die hofsaak volg nadat Cran Telecom se lisensie om Worldwide Interoperability for Microwave Access (WiMAX) dienste te verskaf, in September 2024 teruggetrek het.
"Telecom soek ’n bevel wat Cran verbied om verdere stappe te doen om die besluit te implementeer om die spektrumlisensies wat voorheen uitgereik is, te kanselleer," lui die uitvoerende hoof van Telecom, Stanley Shanapinda, se beëdigde verklaring wat by die hof ingedien is.
Die uitvoerende hoof van Cran, Emilia Nghikembua, het op 12 September ’n brief aan Telecom uitgereik wat hulle in kennis stel van die kansellasie van die spektrumlisensies vir die frekwensies 3405–3447 MHz en 3505–3547 MHz.
Telecom is voor die formele kansellasiebrief bewus gemaak van Cran se voorneme om sy lisensie op te skort en is in November 2023 die geleentheid gebied om sy skriftelike vertoë teen die kansellasie van die lisensies in te dien.
Telecom het sy skriftelike vertoë op 16 Desember 2023 ingedien om die kansellasie teen te staan en het daarin aangevoer dat die besluit om sy lisensie te kanselleer, nie voldoende grondslag het nie.
Cran het egter aangevoer dat Telecom ’n wesenlike oortreding van die voorwaardes van die spektrumlisensie gepleeg het, insluitend die beweede ondoeltreffende gebruik en opgaar van die spektrum.
VERLIESE
WiMAX is ’n telekommunikasietegnologie wat draadlose data oor lang afstande lewer.
By Telecom bied dit onbeperkte hoëspoed-internettoegang aan residensiële- en besigheidskliënte deur WiMAX en ander tegnologieë wat verbindings via toestelle soos skootrekenaars, slimfone en tablette moontlik maak.
Telecom Namibia het ’n verlies van N$12,3 miljoen voor belasting in die 2022-’23-boekjaar getoon, vergeleke met ’n wins van N$51,9 miljoen in die vorige jaar.
In sy beëdigde verklaring het Shanapinda beklemtoon dat die maatskappy sal voortgaan om verliese te ly as die opskorting van die lisensie nie omgekeer word nie.
"Die finansiële gevolge van die verlies van toegang tot frekwensiebande sal ’n ernstige impak hê op Telecom se diensvermoëns, wat inkomstestrome direk raak. Dit kan die maatskappy dwing om af te skaal of te herstruktureer, wat werksverliese tot gevolg sal hê."
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie