'Veediewe' loop bloutjie danksy Ocpa-kameras

#Repnamnuus #NamSunNews #aznamnews
Elvira Hattingh
‘n Beduidende deurslag is Dinsdag (19 September) gemaak toe ‘n vermeende sindikaat van vyf veediewe by Okahandja vasgetrek is. Hierdie persone het vermoedelik so ver as Otjiwarongo, Otavi, Grootfontein, Kalkfeld, Omaruru en Karibib misdade bedryf. Boere het 'n beroep op wetstoepassers gedoen om te sorg dat hierdie verdagtes nie net weer vrygelaat word nie.

“Ons wil nie hê dat hierdie manne sommer weer binne ‘n week terug is op die paaie nie. Boere kan nie meer teen die B1-teerpad boer nie. Saans moet al die beeste kraal toe gejaag word, anders word hulle geskiet,” het Annette Kotze van Okahandja gesê.

Die verdagtes is in 'n wit bakkie met 'n Windhoek-registrasienommer vasgetrek, met twee geslagte beeste agterin ter waarde van N$38 000. Een insittende het uit die bakkie se kap ontsnap, maar die ander vyf is deur die polisie, Nyime-teenstropingseenheid en Onyati-sekuriteit op Okahandja vasgetrek. Die vyf sal later vandag of Donderdag hul eerste hofverskyning maak.

Die bakkie is vroeër in die omgewing van Otjiwarongo as verdag aangeteken en Okahandja Misdaadvoorkomingsvereniging (Ocpa) se gevorderde kamerastelsel, kon die voertuig se bewegings volg toe dit hul gebied betree. Dit het 'n deurslag in die vang van die verdagtes gegee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!