Veilige hawe vir vroue en babas
Een oggend in 2020 tydens die Covid-pandemie het Martha McNab gaan draf.
Sy het toe tot die besef gekom dat die gemeenskap in haar geboortedorp Rehoboth swaar trek en het daar en dan besluit om iets daaromtrent te doen.
Sy het The Step Up Ark-stigting begin wat ten doel het om ’n veilige, insiggewende en bemagtigende omgewing vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (GBV) te bied, asook ’n veilige heenkome vir “ongewenste” babas in die Hardapstreek.
Die stigting het aan die begin vir drie jaar lank ’n sopkombuis vir sowat 160 kinders aangebied.
“Die nood is groot hier en ek het altyd alles uit my eie sak betaal, maar dit raak net te veel. Nou geen ons net kos op spesiale dae, soos Kersfees of Paasfees,” het sy gesê.
Intussen het Step Up Ark ’n stuk grond net buite Rehoboth ontvang en begin om ’n veilige hawe vir vroue te bou.
“Step Up Ark het ten doel om ’n veilige hawe te bou wat toegerus is met alle noodsaaklike geriewe, geleë in ’n eko-bewuste, vreedsame omgewing, wat kalmte en natuurlike skoonheid beliggaam.
“Te midde van die ongerepte skoonheid van die natuur kan hulle ’n tweede kans op die lewe ontdek.
“Ons holistiese benadering sluit geestelike, fisieke en emosionele welstandsprogramme in wat daarop gemik is om persoonlike groei en bemagtiging te bevorder, om oorlewendes toe te rus met die gereedskap wat nodig is om beheer te herwin en vorentoe te beweeg ná die impak van geslagsgebaseerde geweld.”
Boonop sal The House of Mona “bababokse” voorsien waar vroue en meisies hul pasgebore babas, wat sorg nodig het, veilig kan los, om te verseker dat hulle kos, skuiling en liefde ontvang totdat behoorlike regsprosedures begin kan word.
“House of Mona is vernoem na een van ons geliefde spanlede, Mona Izaaks, wat in Julie 2023 oorlede is. Sy was opreg lief vir kinders en het ’n hart gehad vir jong vroue in nood.”
Om House of Mona ’n werklikheid te maak, word 4 000 bakstene en 50 sakke sement benodig.
Martha het die inisiatief “Koop ’n baksteen, bou ’n veilige hawe” van stapel gestuur. Mense kan ’n baksteen vir N$5 koop wat dan gebruik sal word om die huis mee te bou.
1 000 KM-UITDAGING
Martha gaan 1 000 kilometer hardloop en stap om geld in te samel.
“Ek hardloop elke oggend 5 km en oor naweke – waar ek ook al is – nog verder. Mense wat deel van die uitdaging wil wees, kan by my aansluit en besighede of mense wat my wil borg, kan my op 081 661 0051 kontak.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie