• Tuisblad
  • Afrika
  • VIDEO: Namibiese Grondwet-selfoontoep (app) bekend gestel.

VIDEO: Namibiese Grondwet-selfoontoep (app) bekend gestel.

#NamMobileAppConstitution
Elizabeth Joseph
PAS IN: Die Konrad Adenauer Stiftung, in samewerking met Mindsinaction, het gisteraand die Namibiese Grondwet-selfoontoep (app) bekend gestel. Die toepassing maak die Grondwet toeganklik vir visueel en gehoorgestremde mense met inzoem- en oudiokenmerke. Ndaudika Mulundileni van Mindsinaction het by die bekendstelling gesê: "Hierdie geleentheid het ten doel om voort te gaan om die boodskap te versprei sodat Namibiërs van hierdie gebruikersvriendelike Grondwet-toepassing sal weet. Boonop stel die toepassing gebruikers in staat om spesifieke artikels oor verskeie platforms te deel, byvoorbeeld WhatsApp." Die toepassing heet Namibian Constitution en kan op alle Apple- en Android-toestelle afgelaai word.

VIDEO ELIZABETH JOSEPH

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer