NO WORD: /Kunda //Asa has gone completely mute after giving birth four months ago.
NO WORD: /Kunda //Asa has gone completely mute after giving birth four months ago.

Vrou stom na sy geboorte gee

Sielkundige gee raad
'n Vrou se familie sukkel om haar stilte gewoond te raak aangesien sy sedert die geboorte van haar baba stom is.
Iréne-Mari van der Walt
Limba Mupetami - Sowat 50 kilometer buite Tsumkwe, in 'n klein dorpie genaamd Chivekua, sukkel 'n gesin om die feit te hanteer dat hul dogter, suster, ma en vrou heeltemal stom geraak het nadat sy drie-en-'n-half maande gelede geboorte gegee het.

/Kunda //Asa (29) is bekend vir haar vrolike lag en haar liefde vir dans, sing en stories deel. Die sonskynpersoonlikheid waarvoor sy bekend was is nou oorrompel deur swaarmoedigheid sedert sy na die geboorte van haar derde kind op 3 Oktober 2023 stom geword het.

Die mediese dokumentasie wat haar man /Ui ronddra, bied geen klaarheid oor wat fout gegaan het nie. Terselfdetyd word haar man depressief as gevolg van haar toestand.

Volgens hom het hulle reeds die Omaruru en Swakopmund staatshospitale besoek om uit te vind hoekom sy nie meer kan praat nie. Aangesien hulle hiér geen antwoorde gekry het nie, het /Ui besluit om haar terug te neem na Tsumkwe, waar haar ouers woon, in die hoop dat dit verandering in haar toestand sal meebring.

'HAAR STILTE SPOOK BY MY'

Terwyl haar familie deur kommer vir haar geteister word, sit //Asa soos ’n steenfiguur en staar wesenloos (blankly) voor haar uit.

"Ons voel nie goed in ons harte nie. Miskien sal ons haar môre kerk toe vat en kyk of ons kan uitvind wat fout is met haar," het haar pa Cwi Di gesê.

In ’n kultuur wat diep gewortel is in gemeenskaplike ondersteuning, trek //Asa se man en haar familie om haar saam terwyl haar man melk voorberei vir hul baba, wat veerlig en so groot soos ’n 750ml bottel is.

Ten spyte van /Ui se verantwoordelikheidslas om na sy vrou en drie jong kinders om te sien, glo hy vas dat sy vrou weer sal praat. "Ek wil haar na die kliniek hier op Tsumkwe toe neem sodat hulle vir haar ’n inspuiting in haar arm kan gee om haar stem terug te bring," sê hy. Hy glo hierdie is die enigste manier om haar te genees.

/Ui het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dat hy haar bad en vir hul gesin kos maak sedert sy teruggekom het van die hospitaal, terwyl hy woorde uit haar probeer kry. Hy voeg by dat hy nie hierdie take as ’n las beskou nie.

"Dit is haar stilte wat by my spook, niks anders nie. Sy kyk net vir my dan kyk sy grond toe en dit is hoe sy heel dag sit. Ek moet haar soms gaan skud om die huilende baba te borsvoed. Ek is nie seker of sy hoor hoe die baba huil nie," sê hy.

STRESVOL

’n Plaaslike sielkundige, Dr. Shaun Whittaker sê dat vroue mag stom word na ’n kind se geboorte indien die geboorte besonders stresvol is. Hy voeg by dat hoë angsvlakke die oorsaak van verskeie kwessies kan wees.

Hy verduidelik dat vroue hul stemme vir ’n dag of twee, of selfs langer, kan verloor. Hulle kan selfs ook blind word of die gebruik van ’n hand vir ’n paar dae verloor.

"In die ou dae is dit histeriese spraakverlies genoem. Deesdae word dit ’n versteuring van ’n funksionele neurologiese sisteem genoem. Dit beteken eenvoudig dat een van die neurologiese funksies van die liggaam nie werk nie as gevolg van ’n stresvolle gebeurtenis."

Hy het bygevoeg dat hierdie toestand gewoonlik tydelik is en dat hy hoop dat //Asa binnekortweer sal kan praat.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!