Wintergrou...
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Vanuit die Suid met die skuit.
Soos snoek, patats en beskuit.
Wintergrou, o bloed sal ek onthou.
Voor my kolestoof toegevou.
Wintergrou praat met jou siel.
Bibber en beef klink soos ‘n droëbek wiel.
Ja die grou sny buite kwaai.
Winter kners en my tande lawaai.
Ysig sny deur murg en been.
Uit die Suid, sneeu ‘n seën.
Wasem teen die binneruit.
‘n Traan loop met ‘n koue besluit.
My liggaam word tempteer.
Wintergrou byt en maak diep seer.
Stook ‘n brousel warm en soet.
Oppi kolestoof vir ‘n warm gemoed.
Vanuit die Suid met die skuit.
Soos snoek, patats en beskuit.
Wintergrou, o bloed sal ek onthou.
Voor my kolestoof toegevou.
Wintergrou praat met jou siel.
Bibber en beef klink soos ‘n droëbek wiel.
Ja die grou sny buite kwaai.
Winter kners en my tande lawaai.
Ysig sny deur murg en been.
Uit die Suid, sneeu ‘n seën.
Wasem teen die binneruit.
‘n Traan loop met ‘n koue besluit.
My liggaam word tempteer.
Wintergrou byt en maak diep seer.
Stook ‘n brousel warm en soet.
Oppi kolestoof vir ‘n warm gemoed.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie