WE KNOW: Former Zambian president Michael Sata who died in 2014. PHOTO: REUTERS
WE KNOW: Former Zambian president Michael Sata who died in 2014. PHOTO: REUTERS

Zambië leer NDF hoe om ’n president te begrawe

Nuusredaksie – Lede van die Zambiese weermag – wat self twee van hul staatshoofde moes begrawe – is in die land om die Namibiese weermag (NDF) te help met voorbereidings vir die begrafnis van wyle president Hage Geingob die naweek.

Geingob is die eerste Namibiese staatshoof wat dood is voor hy sy volle termyn kon uitdien, en die land se weermag – wat die mandaat het om die begrafnis te behartig – is glo onseker oor hoe die reëlings hanteer moet word.

Die Zambiese president, Levy Mwanawasa, is in 2008 dood terwyl hy sy tweede termyn gedien het en in 2014 is nog ’n Zambiese president, Michael Sata, dood.

Geingob se begrafnis word vir eerskomende Sondag in die Helde-akker beplan, en die NDF is na bewering hard aan die werk om te verseker dat die geleentheid glad verloop.

Die minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, het bevestig dat hulle na Zambië uitgereik het vir hulp.

“Die ouens is hier en werk saam met ons beamptes. Ons het hulle gevra om bystand te verleen waar dit nodig mag wees, en tot dusver is hulle beïndruk deur ons eie kapasiteit,” het hy gesê.

“Hulle het twee van hul staatshoofde verloor en ons het gedink hulle kan ons help om voor te berei om ons president te begrawe op ’n manier wat gepas is vir ’n staatshoof.”

Kapofi het gesê die Zambiese weermag is nie genooi om die NDF se werk oor te neem nie, maar eerder om waar te neem en raad te gee waar nodig.

“Ons is nie te ver agter in terme van ons eie vermoëns om die werk te kan doen nie,” het hy bygevoeg.

Kapofi het bewerings dat daar ’n stryery onder begrafnisondernemers was vir ’n tender om Geingob te begrawe, weerlê – te midde van bewerings dat die militêre maatskappy August 26 die werk aan Nambob oorhandig het.

“Alle staatsbegrafnisse is die taak van die soldate. Hulle moet die kis op ’n kanonwa dra en die geweersaluut uitvoer. Miskien is ’n begrafnisondernemer nodig om die kis te laat sak, maar selfs dit is nie nou bevestig nie,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!