• Tuisblad
  • Afrika
  • ’n Inklusiewe leier: Só het Nujoma se eerste kabinet gelyk (1990-1995)

’n Inklusiewe leier: Só het Nujoma se eerste kabinet gelyk (1990-1995)

STAFF REPORTER
Nuusredaksie



Die eerste kabinet wat aangestel is ná Namibië se onafhanklikwording in 1990, het bestaan uit ministers wat deur die land se eerste president, Sam Nujoma, ­aan-gestel is.



Die kabinet het bestaan uit:



HAGE GEINGOB



Hy was Namibië se eerste eerste minister op die ouderdom van 48. Hy het die pos vir 12 jaar beklee tot sy demovering in 2002.



MARCO HAUSIKU



Op 36 was hy saam met Hartmut Ruppel een van die twee jongste ­kabinetslede. Hy was die eerste minis­ter van grond voordat hy na werke en vervoer oorgeplaas is en later toesig gehou het oor tronke en ander ­portefeuljes wat daarop gevolg het.



THEO-BEN GURIRAB



Hy was ’n loopbaandiplomaat, en het op die ouderdom van 51 die portefeulje van buitelandse sake beklee totdat hy in 2002 as eerste minister aangestel is. Hy was ook die Speaker, ’n pos wat hy van 2005 tot 2015 beklee het, tot hy deur Peter Katjavivi vervang is.



RICHARD KABAJANI



Namibië se eerste minister van werke, Richard ­Kabajani was 47 in 1990. In 1992 het hy ­minister van grond geword voordat hy in 1996 na die jeug- en sportportefeulje oorgeskuif is.



NANGOLO MBUMBA



Hy was 51 toe hy in 1993 as minister van landbou aangestel is, voordat hy in 1996 na finansies oorgeskuif is. Hy het daarna in die ministeries van inligting en later onderwys gedien.



HENDRIK WITBOOI



Hy is op 56 as Namibië se eerste ­minister van arbeid aangestel. Hy het daardie pos beklee vanaf onafhanklikwording totdat hy in 1995 as adjunk- eerste minister aangestel is, en het daardie pos tot 2004 beklee.



NGARIKUTUKE TJIRIANGE



Op die ouderdom van 46 in 1990, het hy tot 2003 as ­minister van justisie gedien, voordat hy vir drie jaar ’n minister sonder ­portefeulje geword het. In 2006 het hy die minister van ­veteranesake geword voordat hy afgetree het.



BEN AMATHILA



Hy is op die ouderdom van 51 in 1990 as die land se eerste minister van handel aangestel en in 1993 het hy die inligtingsportefeulje oorgeneem.



OTTO HERRIGEL



Hy is in 1990 op die ­ouderdom van 52 as die land se eerste ­minister van finansies ­aangestel. Hy het in 1992 bedank, glo weens ver­skille met Nujoma oor fiskale beleide en die verkryging van ’n presidensiële vliegtuig.



NAHAS ANGULA



Hy was 46 jaar oud toe hy aangestel is as die land se eerste onderwys­minister. Hy is onder meer deur die voormalige president Hifikepunye Pohamba as eerste minister aangestel.



NICKEY IYAMBOHy was die minister van gesondheid vanaf 1990 tot 1996 en die ­minister van streek- en plaaslike regering asook behuising vanaf 1996 tot 2002. Hy het daarna ander poste in die regering opgeneem.



HIFIKEPUNYE POHAMBA



Hy is op 54-jarige ouderdom as die land se eerste minister van ­binnelandse sake aangestel en het ook as minister van visserye gedien voordat hy vir twee jaar tussen 1998 en 2000 ’n ­minister sonder portefeulje geword het.



LIBERTINA AMATHILA



Sy het die eerste minister van ­plaas-like regering geword op die ouderdom van 49. In 1996 het sy die gesondheidsportefeulje oorgeneem voordat sy in 2005 tot die pos van adjunk- eerste minister aangestel is.



HARTMUT RUPPEL



Hy het gedien as die land se eerste prokureur-generaal tussen 1990 en 1995. Nadat hy die parle­ment in 2000 verlaat het, het hy weer privaat gepraktiseer.



NIKO BESSINGER



Hy was 41 toe hy in 1990 as ­minister van die omgewing aangestel is – ’n pos wat hy tot 1995 beklee het.



GERT HANEKOM



Hy was 59 met die hervatting van sy ampstermyn as minister van landbou in 1990. In 1992 het hy die minister van finansies geword en het hierdie pos tot 1995 beklee.



HIDIPO HAMUTENYA



Hy het op die ouderdom van 50 Namibië se eerste minister van inligting geword. Tussen 1993 en 2002 het hy as minister van handel gedien voordat hy in 2002 as ­minister van buitelandse sake aangestel is.



PENDUKENI IIVULA-ITHANA



Op net 37 is sy in Februarie 1991 in die jeugministerie, wat toe nuut gestig is, aangestel en het tot 1995 in dié ministerie gedien. Sy het toe minister van grond geword en later prokureur-­generaal en die minister van justisie.



ZEDAKIA NGAVIRUE



Op 57 het hy die eerste direkteur-­generaal van die Nasionale ­Beplanningskommissie geword, ’n pos wat hy tot 1995 beklee het. ­Sedertdien is hy onder meer as ’n Namibiese ambassadeur in die ­Europese Unie en België aangestel.



ANDIMBA TOIVO YA TOIVO



Op 65 was hy die oudste ­kabinetslid toe hy as minister van myne en energie aangestel is. Hy het later van tyd by die ­departement van arbeid en tronke gewerk voordat hy in 2005 afgetree het.



PETER MWESHIHANGE



Hy was 59 toe Nujoma hom tot 1995 as die land se eerste ­minister van verdediging aangestel het.



HELMUT ANGULA



Hy was 44 toe hy in 1991 die land se eerste minister van visserye geword het – destyds ’n nuwe ministerie. Hy het ’n kort tydjie as die minister van finansies en later landbou gedien. ANTON VON WIETERSHEIM



Hy was 38 jaar oud toe hy as die land se eerste minister van landbou ­aangestel is voordat hy in 1993 bedank het (of deur Nujoma afgedank is).



– [email protected]



Kommentaar

Republikein 2025-02-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer