Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping is besig om die besigheidsproses in die kantoor van die arbeidskommissaris te hervorm.
Foto arbeidministerie
Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping is besig om die besigheidsproses in die kantoor van die arbeidskommissaris te hervorm. Foto arbeidministerie

Arbeidministerie wil arbitrasieproses verbeter

Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping is besig om die prosesse in die kantoor van die arbeidskommissaris te hervorm.

Die adjunkminister Hafeni Ndemula het in ’n mediaverklaring wat uitgereik is ná ’n slypskool vir belanghebbendes, erken dat daar vertragings en probleme is met betrekking tot hoe die ministerie veral arbeidsgeskille hanteer.

“Dit sal nie wys wees om die feit te ignoreer dat – nes enige ander nuwe stelsel en proses – daar ten spyte van baie suksesse, ook baie areas van tekortkominge en mislukkings is. Daar word erken dat sommige van hierdie tekortkominge ernstiger is en meer gevolge het as ander,” het hy by die slypskool gesê.

Deurlopende uitdagings wat die ministerie ervaar, sluit in vertragings in die afhandeling van arbeidgeskille. Die beplande hervorming het ten doel om bemiddelings- en arbitrasieproses te ontleed om van hierdie prosesse uit te brei.

Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Lydia Indombo, sê ook openbare frustrasie is geopper met die prosesse wat sloer, veral met betrekking tot die kantoor van die arbeidskommissaris wat traag is om uitsprake te lewer en sake af te handel.

"Die publiek kla veral oor die bemiddelings- en die arbitrasieproses. Ek glo die registrasie van verenigings, vakbonde en federasies kan baie vinniger afgehandel word. Arbeidsgeskille neem langer as wat verwag word.

“Van die partye het moed opgegee en van hulle het vertroue verloor in die land se beskikbare meganisme vir die alternatiewe oplossing van arbeidsgeskille,” sê sy.

Sy het wel daarop gewys dat hervorming talle voordele inhou indien die mense wat daarvoor verantwoordelik is, hul bes doen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!