August 26 bemagtig die jeug

Klerevervaardigingsbedryf word versterk
Jongmense, vroue en individue uit gemarginaliseerde gemeenskappe word aangemoedig om vir die program in te skryf.
STAFF REPORTER
August 26 Manufacturing het sy eerste vakleerlingskapprogram van stapel gestuur om die Namibiese jeug te bemagtig.

Jongmense van verskillende agtergronde word aangemoedig om aansoek te doen, insluitend vroue en individue uit gemarginaliseerde gemeenskappe.

Die program het ten doel om mense die noodsaaklike vaardighede in klerevervaardiging aan te leer.

Die inisiatief kombineer praktiese opleiding met klaskameronderrig om jongmense met tegniese kundigheid en bedryfskennis toe te rus.

Die driejaar-vakleerlingskapprogram by August 26 het op 1 April 2024 begin en sal vakleerlinge in klerevervaardiging, stikwerk en kwaliteitbeheer oplei.

Die program sluit 70% praktiese opleiding by die vervaardigingsfasiliteit en 30% klaskamer-gebaseerde onderrig deur 'n geregistreerde opleidingsinstelling in.

“Hierdie dubbele benadering verseker dat vakleerlinge praktiese vaardighede en die teoretiese grondslae aanleer wat nodig is om op die lang termyn suksesvol in die klerevervaardigingbedryf te wees,” lui ’n mediaverklaring deur August 26.

Die Namibië Opleidingsowerheid (NTA) het die program goedgekeur en die organiseerders verseker dat die agt vakleerlinge opleiding en sertifisering sal ontvang wat nasionaal erken word.

Die vakleerlingskap het drie vlakke van sertifisering. Hierdie gefaseerde benadering stel kandidate in staat om hul kundigheid geleidelik op te bou.

“Die Namibiese klerevervaardigingsbedryf benodig geskoolde werkers om uniforms, veiligheidstoerusting en ander klere van ’n hoë gehalte te maak. Dit sal verseker dat plaaslik vervaardigde kledingstukke met ingevoerde klere kan meeding en Namibië se vervaardigingsbasis en sy ekonomie laat groei,” lui die verklaring.

August 26 se bemarkings- en kommunikasiebeampte, Desideria Gideon, het die impak van die program beklemtoon.

“Soos vakleerlinge deur die program beweeg, sal hulle ’n beter begrip van klerevervaardiging ontwikkel, praktiese vaardighede aanleer en hul vermoë om probleme op te los, sal verbeter wat noodsaaklik is om vervaardigingsuitdagings te takel.”

UITBREIDING

Die maatskappy beoog om die program uit te brei om meer leerlinge in die toekoms te akkommodeer om verder by te dra tot vaardigheidsontwikkeling in Namibië.

“Die bemagtiging van gemarginaliseerde groepe berei hulle voor om produktiewe lede van die Namibiese arbeidsmag te word. Die vordering en sukses van die program sal gemeet word deur gebruik te maak van ’n ‘logboek’ wat die NTA sal verskaf.

“Elke vakleerling sal noukeurig gemonitor word en daar sal seker gemaak word dat die leerlinge die nodige opleiding ontvang om die program te slaag,” luidens die verklaring.

Die verklaring wys ook daarop dat dié metode sal verseker dat die program sy doelwitte bereik en voorsiening sal maak vir voortdurende verbetering gebaseer op terugvoering en uitkomste.

“Ons glo om die jeug met hierdie vaardighede te bemagtig, sal nie net hul loopbaanvooruitsigte verbeter nie, maar ook die toekoms van Namibië se vervaardigingsbedryf versterk.

“Ons toewyding aan hierdie leerlingskapprogram is ’n bewys van ons toewyding aan jeugbemagtiging en vaardigheidsontwikkeling,” het Gideon bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 7 vs 59 Suzuki Griquas Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur | Chelsea 0 vs 2 Manchester City | Brentford 2 vs 1 Crystal Palace LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol | Mallorca 1 vs 1 Real Madrid | Real Sociedad 1 vs 2 Rayo Vallecano SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta | SS Lazio 3 vs 1 Venezia | Cagliari 0 vs 0 AS Roma | Hellas Verona 3 vs 0 Napoli | Bologna 1 vs 1 Udinese European Championships Qualifying: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday English Championship: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 11° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 33° Ruacana: 13° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 11° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:21, High tide: 04:28, Low Tide: 22:50, High tide: 16:48 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:26, Low Tide: 22:48, High tide: 16:46 Walvis Bay: 13° | 25° Wind speed: 40km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:25, Low Tide: 22:48, High tide: 16:45 Rehoboth: 8° | 28° Mariental: 10° | 30° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 10° | 30° Lüderitz: 13° | 30° Ariamsvlei: 7° | 25° Oranjemund: 10° | 33° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 7° | 17° Maseru: 6° | 22° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 8° | 18° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 13° | 25° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 15° | 29° Harare: 12° | 28° #N/A #N/A