Boubedryf reageer op NamWater se bewerings
Plaaslike kontrakteurs lewer glo nie resultate
Die Federasie vir Konstruksiebedrywe doen al sedert 2006 'n beroep op die totstandkoming van 'n regulatoriese bouraad vir Namibië.
“Terwyl hulle [NamWater] die blaam op plaaslike kontrakteurs plaas sonder om onderskeid te tref en sonder om deursigtig te wees oor na watter kontrakteur hulle verwys, lê die onderliggende probleem heel waarskynlik in swak verkrygings- en keuringsprosesse deur die owerheid.”
Só het die uitvoerende hoof van die Federasie vir Konstruksiebedrywe (CIF), Bärbel Kirchner, verlede week gesê.
Die CIF verwerp NamWater se verduideliking vir die toekenning van bouprojekte aan buitelandse ondernemings aangesien plaaslike konstruksiemaatskappye glo nie resultate lewer nie.
“Hierdie deurlopende praktyk deur NamWater en sommige ander openbare entiteite lei tot die voortgesette ondermyning van die plaaslike konstruksiebedryf deur bekwame plaaslike kontrakteurs uit te sluit.
“Sulke optrede skend nie net die nasionale doelwitte om plaaslike entrepreneurskap en werkskepping te bevorder nie, maar beklemtoon ook beduidende mislukkings in die huidige verkrygingsproses en die proses om kontrakteurs te keur,” voeg sy by.
NamWater het verlede week vyf voorbeelde gelys waar plaaslike boukontrakteurs nie in staat was om projekte te voltooi nie, wat bygedra het tot langdurige watertoevoerprobleme vir verskeie dorpe en gemeenskappe.
Kirchner voer aan die probleem lê by NamWater se suksesvolle tenderaars, en dat NamWater ook nie prioriteit aan CIF-lede gee nie. Die federasie se lede reguleer hulself, en voldoen aan die CIF se gedragskode, brei sy uit.
BOURAAD
Die CIF doen al sedert 2006 ’n beroep op die totstandkoming van ’n regulatoriese bouraad vir Namibië, waarby boukontrakteurs moet registreer en in kategorieë ingedeel word, volgens die kontrakteur se bewese vermoëns en kapasiteit. Op hierdie manier kan kliënte maklik bevestig of ’n kontrakteur geskik is vir ’n spesifieke tender.
So ’n bouraad is nooit gestig nie en daarsonder, sê Kirchner, “moet swak projekuitkomste en die staking van projekte as een van die risiko’s beskou word. Dit kan direk aan die swak keuse van kontrakteurs deur entiteite soos NamWater toegeskryf word.”
Volgens Kirchner is NamWater se keuse om buitelandse kontrakteurs te verkies, ná beweerde mislukkings deur plaaslike maatskappye, nie net ontmoedigend nie, maar benadeel ook die groei van Namibië se plaaslike boubedryf en ekonomie.
“Dis ook ’n growwe wanvoorstelling om die mislukking van sommige projekte aan die vermoëns van alle plaaslike kontrakteurs toe te skryf.
“Hierdie breë kritiek loop die risiko om die reputasie van ons vaardige plaaslike besighede te skaad en die potensiaal vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en werkskepping in die wiele te ry,” waarsku sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie