Petra
Petra

Craft Bistro saga duur voort

Ellanie Smit
Ellanie Smit – Die algemene bestuurder van Craft Bistro in Windhoek, Petra Illing, het ’n dringende aansoek in die hoërhof gebring om te keer dat sy uit Namibië gedeporteer word.

Die Duitse burger het die aansoek verlede week gebring, met die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, die voorsitter van die immigrasie verkiesingsraad, sowel as die immigrasie-turbinaal wat as respondente genoem word.

Illing is Dinsdag deur immigrasiebeamptes vir ondervraging geneem omdat sy haar visum verstryk het en sy ’n besigheid onwettig bedryf. Sy is gevolglik 48 uur gegee om die land te verlaat.

Die verstrykte visum het aan die lig gekom toe werkers by Craft Bistro gestaak het omdat hulle nog nie hul salarisse vir November ontvang het nie. In haar eedsverklaring sê Iling sy is ’n sakevrou en dat sy die afgelope 28 jaar sedert 1994 in die land woon.

Sy het vir verskeie korttermyn werkspermitte tydens haar verblyf aansoek gedoen en wat verleng is. Die laaste het op 11 November verval, waarna sy aansoek gedoen het vir ’n permanente verblyfspermit, sowel as ’n korttermyn werkspermit. Dit is egter op 9 Januarie afgekeur.

Illing vra die hof om die immigrasie verkiesingsraad opdrag te gee om ’n korttermyn visum uit te reik, hangende haar aansoek vir permanente verblyfsreg.

Die respondente staan die aansoek teen, ingesluit die kwessie van dringendheid. Hulle het egter onderneem om nie teen haar op te tree totdat die aansoek gefinaliseer is nie. Die aansoek word op 27 Januarie aangehoor.

Intussen het die ministerie van arbeid en die eienaars van Craft Bistro Vrydag ’n ooreenkoms onderteken dat alle werkers hul uitstaande se salarisse sal ontvang en dat niemand ontslaan sal word nie. Volgens Bernard Petrus van die ministerie het Illinge as bestuurder by die restaurant diens gedoen wat 15 werkers in diens het.

“Sy het nie voldoende dokumentasie om hier te wees nie. Sy is die een wat die konflik veroorsaak het. Ek het aan die eienaar gesê ek wil nie meer hê dat sy opdragte aan werkers gee nie,” het hy gesê.

Volgens Petrus het Illinge die werkers se betaling verminder en geweier om dit te betaal toe die werkers dit eis.

Die eienaar van Craft Bistro wat Saterdag weer sy deure geopen het, Urs Gamma, sê die kwessie is met die hulp van beamptes van die ministerie opgelos.

Volgens hom is Illinge ’n beleggers in die besigheid en het as algemene bestuurder diens verrig terwyl hy in die buiteland was.

“Ek is gebore in Switzerland en is sedert 1992 ’n Namibiese burger. Ek het die eer om ook die raad van Switzerland in die land te wees,” het hy gesê.

Gamma sê ’n kriminele saak is ook teen die aktivis

Michael Amushelelo gebring vir verlies aan inkomste, ontwrigting asook die dreig van gaste.

Stad Windhoek se woordvoerder, Harold Akwenye, het bevestig die besigheid se geskiktheidsertifikaat het verlede jaar verval. Kennisgewings in die vorm van smse en e-posse is aan verwante besighede gestuur.

“Ons verwag van besighede om hul sertifikate te hernu wanneer dit verval. Gebeur dit nie, doen ons inspekteurs ’n fisiese ondersoek,” het hy gesê.

Gegewe die baie ondersoeke wat hangend is, sê Akwenye het inspekteurs nog nie Craft Bistro besoek nie. Die boete is N$2 000 plus ’n voorlopige hernuwingsfooi van 15%. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer