Staatsamptenare stem om te besluit of hulle moet staak al dan nie nadat die regering loonverhogings vir 2021/2022 en 2022/2023 geweier het. Staatsamptenare het laas 'n aanpassing van salaris in 2017 geniet.
Foto Augetto Graig
Staatsamptenare stem om te besluit of hulle moet staak al dan nie nadat die regering loonverhogings vir 2021/2022 en 2022/2023 geweier het. Staatsamptenare het laas 'n aanpassing van salaris in 2017 geniet. Foto Augetto Graig

Dag twee vir stemme

Die stemproses om te bepaal of meer as 100 000 staatsdienswerknemers gaan staak, het gister stadig begin.

By Government Park in die hoofstad kon amptenare van die Namibiese Unie van Staatsamptenare (Napwu) en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) nie teen 09:00 hul logistiek in orde kry nie, ten spyte daarvan dat die stemproses reeds 08:00 moes afskop.

Staatsamptenare het nietemin gewag om hul kruisie te trek en teen middagete het die ry tot buite die perseel gestaan. Nantu se sekretaris-generaal, me. Loide Shaanika, het gister bevestig dat daar by ander stempunte ook vertraging was, veral ten opsig van aflewering van stemmateriaal na verafgeleë stempunte.

“Administratiewe vertragings is ondervind, maar na ongeveer ’n uur was alles in orde,” het sy gesê.

Volgens haar het staatsamptenare, insluitend duisende onderwysers, genoeg tyd om te stem, aangesien voorsiening gisteraand nog gemaak sou word vir diegene wat teen 17:00 nog in rye gestaan het.

Die stemproses duur vandag tot 17:00 voort waarna die tel- en verifiëringsproses sal begin voor die uitslag moontlik môre of teen Maandag by die kantoor van die arbeidskommissaris aangekondig sal word, volgens Shaanika.

Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!