Emosies hoog ná China Town-onluste
Agt mense verskyn vandag in die hof
Die ma van een van die NEFF-leiers het die "buitensporige geweld" wat die onlustepolisie teen die jeug tydens Vrydag se China Town-voorval veroordeel.
“As ouer is ek woedend. God is daar en my trane sal nie op die grond val nie, maar op leiers soos [Sebastian] Ndeitunga, [Joseph] Shikongo en Hage [Geingob], wat nie daarin slaag om die mense te lei en rigting te gee nie.”
Dit was die woorde van me. Rugambo “Mekondjo” Amuthenu kort ná haar seun, mnr. Dimbulukeni “Dee” Nauyoma, die afgelope naweek weer in hegtenis geneem is vir sy rol in die beweerde komplot om die Windhoek-sakegebied wat algemeen as China Town bekend staan, te sluit en af te brand.
Amuthenu het gesukkel om haar hartseer te verwoord toe leiers van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) haar huis besoek het om haar oor die seun se inhegtenisname in te lig.
“Leiers moet die platform skep vir jongmense om hulle te nader. Ons leiers wil nie saam met die jeug sit om na hul probleme te luister nie; dit is hoekom jy sien hoe ons kinders geslaan en in die tronk gegooi word,” het sy gesê.
Amuthenu het gesê sy ken die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, persoonlik en kan dus nie verstaan hoekom “hy hierdie aan my kind doen nie”.
Sy het ook die regering daarvan beskuldig dat hulle Chinese burgers voortrek en hulle toelaat om te doen wat hulle wil.
‘SOOS HULLE GOEDDINK’
Die NEFF-leier, mnr. Epafras Mukwiilongo, die ekonomiese kommissaris, mnr. Michael Amushelelo en Nauyoma, 'n grondaktivis, sal na verwagting vanoggend in die landdroshof in Katutura verskyn na aanleiding van hul dreigemente om China Town af te brand nadat die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) verlede week op N$5 miljoen dollar se onwettige invoere van nagemaakte goedere beslag gelê het en dit vernietig het.
Mukwiilongo, wat ook Vrydag in hegtenis geneem is nadat hulle koppe gestamp het met die polisie by China Town, is dieselfde dag saam met vyf ander betogers vrygelaat.
Die polisie het nie redes gegee waarom Mukwiilongo en ander betogers vrygelaat is terwyl Nauyoma en Amushelelo in aanhouding moes bly nie, en gesê dit is gedoen “na die polisie se goeddunke”.
Voor Amushelelo en Nauyoma verlede week in hegtenis geneem is, was die twee op ander aanklagte uit op borgtog.
Amushelelo staar klagte van strafbare manslag, bedrog en belastingontduiking in die gesig terwyl Nauyoma uit is op borgtog vir die aanhitsing van openbare geweld, die onwettige gryp van munisipale grond en die oprigting van ‘n onwettige struktuur, asook dat hy polisiebeamptes in die uitvoering van hul pligte belemmer het.
Hierdie keer staan Amushelelo tereg op een klag van aanhitsing van openbare geweld, vier klagte van aanranding deur dreigemente en ses aanklagte van onwettige betreding.
Dit kom nadat hy China Town Donderdag ingegaan en die kompleks gesluit het om te protesteer teen NamRa se vernietiging van vervalste produkte wat aan private handelaars behoort het.
Die polisie beskuldig hom ook daarvan dat hy omstanders beveel het om items by winkels te vat sonder om daarvoor te betaal.
Nauyoma staan op sy beurt tereg op klagte van aanhitsing van openbare geweld.
ANDER AANKLAGTE
Die adjunk-inspekteur-generaal, genl.maj. Joseph Shikongo, het verduidelik die NEFF-parlementslede en ander is vrygelaat omdat die aanklagte teen hulle baie verskil van dié wat Nauyoma en Amushelelo in die gesig staar.
“Die klagte is nie dieselfde nie. Mukwiilongo en die ander is behoorlik aangekla en vrygelaat met kennisgewing om Maandag in die hof te verskyn. Hulle is op die diskresie van die polisie in konsultasie met hul prokureurs vrygelaat, want om ‘n persoon aan te hou is nie die enigste tegniek wat die polisie kan gebruik nie.
“Jy kan mense ook waarsku om seker te maak hulle verskyn in die hof,” het hy gesê.
Hy het ook aan Republikein gesê Namibiërs mag nie reg in eie hande nie. “Daar is prosedure wat gevolg kan word. Hulle kon die kwessie met NamRa opgeneem het.”
Hy het ook daarop gewys die polisie is daar om wet en orde te handhaaf. “Ons is nie daar om geweld teen mense te gebruik nie, maar as die bakleiery lelik raak, moet ons reageer. Ons kan nie chaos toelaat nie,” sê hy.
POLISIE TEEN BURGERLIKES
Van die ondersteuners en betogers wat die polisie Vrydagoggend by China Town uiteen gejaag het, sluit in jong sakelui waarna algemeen as “bestel by my”-entrepreneurs verwys word, en NamRa daarvan beskuldig het dat hulle die wet gedeeltelik toepas en die Chinese winkeleienaars ’n vrypas gee.
Een van die entrepreneurs, me. Josefine Kalongela, het gesê die regering neem nie Namibiese jeug in ag nie, maar slegs die regte van buitelanders.
“Hulle verbrand ons nagemaakte goed; hoekom verbrand hulle nie die Chinese winkels se nagemaakte goed nie? Ons probeer ons brood verdien en die regering sê jy moet jou eie werk skep, maar wanneer ons probeer, het hulle hul eie mag gebruik om ons goed te verbrand. “Kliënte kla nou en hulle wil hul geld hê. Dit is regtig onregverdig, as die Chinese toegelaat word om daardie goed te verkoop, moet ons as Namibiërs ook toegelaat word.
“Mense maak hulself nou dood omdat dinge gekonfiskeer en weggeneem is,” het sy gesê.
Terwyl die polisie Vrydag die skare met traangas uiteengejaag het, het ‘n swanger vrou ineengestort en moes hospitaal toe geneem word.
‘ONWAAR’
NamRa het intussen ‘n verklaring uitgereik waarin hulle beweer die vernietigde items lê nou al sewe jaar in pakhuise en is by verskillende stalletjies gekonfiskeer.
Mnr. Steven Ndorokaze, hoof van strategiese kommunikasie en ondersteuningsbetrekkinge, het ook bewerings weerlê dat slegs die sogenaamde “bestel by my”-entrepreneurs geraak is, hoewel daar geïsoleerde gevalle kan wees.
“Dit is nie waar dat die goedere hoofsaaklik by Namibiërs gekonfiskeer is nie. Alhoewel ons nie die nasionaliteite van diegene op wie se goedere beslag gelê is, bekend sal maak nie, kan ons bevestig die meerderheid van die goedere is nie by Namibiese burgers gekonfiskeer nie,” het hy gesê. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie