Geen verslae sedert 2020 oor diensbillikheid
Ogone Tlhage – Die kommissie vir diensbillikheid kon sedert 2020 geen verslae bekend maak nie aangesien die diensverskaffer wat aangewys is om die data in te samel, te sorteer en vry te stel, in die niet verdwyn het.
Dit kom te midde van kommer dat die kommissie versuim het om teen Maart elke jaar aan ’n opdrag van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping te voldoen.
Die blaam word op kommissaris Otniel Podewitz se skouers geplaas, wat sedert 2019 aan die stuur van die kommissie is.
In reaksie het Podewitz gesê daar was probleme met die stelsel wat die data vaslê.
“Ons het probleme met ons stelsel, dit word sedert 2020 vir die grootste deel van die jaar gedoen, deels ook weens Covid-19. Ons voer die data weer in,” het Podewitz gesê.
Volgens hom kon die data nie bekend gemaak word nie omdat die Suid-Afrikaanse vennoot wat gekontrakteer is, nie die inligting aan die kommissie wou bekend maak nie.
“Die stelsel is deur ’n Suid-Afrikaanse maatskappy gebou, daar was 'n dispuut en hulle het sedertdien die dorp verlaat. Die data is by die Suid-Afrikaanse maatskappy gestoor. Ons het kontak met die Namibiese vennoot gemaak wat die stelsel sal probeer voltooi. Dit is ’n alternatiewe stelsel en ons hoop dit sal in Julie gereed wees,” het hy gesê.
Podewitz het gesê die vrystelling van die data sal ook aanleiding gee tot geloofwaardigheidskwessies wat getakel moet word terwyl die kommissie weer die data invoer.
“Sommige maatskappye is onder die verkeerde sektore gelys en ons moet dit regstel. Ons het byvoorbeeld ’n ministerie gehad wat as ’n groothandelaar gelys is en dit is ’n geloofwaardigheidskwessie,” het hy gesê.
’n Verslag sou vanjaar vrygestel word, het Podewitz bygevoeg.
“Ons wil nie die data vrystel nie, want dit is nie in die regte formaat nie. Ons hoop om die 2022-’23-diensbillikheidsverslag teen September vry te stel – ons voer die data per hand in.”
KOMMER OOR WETGEWING
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) se direkteur, Graham Hopwood, het gesê dit is ’n groot bekommernis dat die kommissie nie die diensbillikheidsverslae op ’n tydige basis vrystel om tendense met betrekking tot billike indiensneming te toon nie.
“Dis ’n groot bekommernis. Hierdie wetgewing is ingestel om die transformasie van die werksplek te verseker, veral op hoër bestuursvlakke, vanaf die situasie voor 1990 toe die ekonomie volgens apartheidsriglyne gestruktureer was. Tog het ons vir etlike jare geen data gehad om te bepaal of vordering gemaak is nie,” het Hopwood gesê.
“Die wetgewing dien eintlik geen doel as die kommissie nie gereelde openbare verslae lewer nie. Sommige mense dink die wet op regstellende aksie het sy dag gehad en moet uitgefaseer word, terwyl ander sê ons het nog ’n lang pad om te gaan en moet pogings opskerp om gelykheid te bereik, veral in uitvoerende posisies. Dit is onmoontlik om die situasie te beoordeel sonder verslae wat die jongste statistiek bevat,” het hy bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie