Joernaliste besig om hul 'stemme te verloor'
Nuuskantore ondemokraties
'n Vyandige omgewing in nuuskamers lei tot die verlies van talent in die Namibiese media.
Die veteraanjoernalis Wonder Guchu het die Namibiese media gekritiseer as van die mees ondemokratiese werksplekke en gesê dat swak bestuur, toksiese atmosfeer en vyandige werksomgewings bekwame medialui uit die bedryf dryf. Guchu het op die aktualiteitsprogram The Agenda gesê joernaliste is besig om hul stemme in werksplekke te verloor.
"Jy kan nie jou bekommernisse sonder nagevolge opper nie. As jy iets sê, gaan jy nie ongeskonde wegstap nie, jy gaan geteiken word. Mense vind dit dus onnodig om soveel stres en depressie te verduur as hulle ander opsies het," het hy gesê.
Guchu sê die bestuur in nuuskamers, waarvan baie voormalige joernaliste is, misluk daarin om hul kollegas te ondersteun.
"Instede daarvan om ons eie mense te verdedig, soek ons hulle foute uit. Die bestuur vind altyd redes om iemand te straf. Hoekom sou enigiemand bly net om gekruisig te word? Dit is hoekom ons talent verloor," het hy gesê.
Guchu het ook onvoldoende salarisse uitgewys, en gesê baie joernaliste vind dat die druk en vereistes van die werk nie hul vergoeding regverdig nie.
LEIERSKAP
Die voormalige besturende redakteur van New Era, Johnathan Beukes, het Guchu se sentiment gedeel en swak leierskap en die prioritisering van sakebelange bo mediavryheid uitgesonder.
"Hierdie versuim is duidelik in beide privaat en staatsmedia. Sommige media vermy die publisering van omstrede inhoud om verhoudings met adverteerders en sakevennoote te behou," het hy gesê.
Hy het media wat deur die staat finansier word daarvan beskuldig dat hulle inmenging deur die staat duld en blameer die ministerie van inliting en kommunikasietegnologie vir die ondermyning van mediavryheid.
"Die beamptes verantwoordelik vir mediabeleid het gebrekkige begrip van hoe krities ’n onafhanklike media vir ’n funksionerende demokrasie is," het Beukes gesê.
Hy het byevoeg dat onbevoegde leierskap en onnodige invloed van senior beamptes in die regering daartoe gelei het dat sy paadjie met New Era geskei het.
JOERNALISTE
Charmaine Ngatjiheue, die woordvoerder vir die Vakbond vir Namibiese Professionele Media (Nampu), het die voortdurende uitdagings erken wat joernaliste in die gesig staar. Sy het verwys na 'n tendens waar joernaliste nou egter praat oor die ongelykhede in die bedryf.
"Ons het gevalle gesien waar mense sonder formele kontrakte gewerk het en deur SMS-boodskappe laat gaan is. Joernaliste het stil gebly om te voorkom dat hulle brûe verbrand, maar dit verander soos die bewustheid van arbeidsregte groei," het sy gesê.
Ngatjiheue het ook die kollig op ander kwessies soos oortydbetalings en die beskerming van joernaliste geplaas.
"Ons word soos noodsaaklike werkers behandel sonder die regte wat daarmee gepaard gaan," het sy gesê.
Die gesprek het opnuut beklemtoon hoe nodig dit is vir hervorming in Namibië se mediabedryf om joernaliste te beskerm en seker te maak dat demokratiese beginsels in hul werkplek geld. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie