Minder werk wenresep vir almal
Van ‘Great Resignation’ tot ‘Quiet Quitting’
Lyfwegsteek is dit beslis níé. Die desperate najaag van balans tussen werk en persoonlike lewe het 'n nuwe wêreldbeweging laat ontkiem. Nilufar Ahmed, 'n senior dosent in maatskaplike wetenskap aan die Universiteit van Bristol, neem "Quiet quitting" onder die loep.
In kantore oraloor – om nie eens van Zoom, Teams en Slack – te praat nie, fluister werknemers én werkgewers oor die Groot Bedanking, of “Great Resignation”, soos dit oorsee gedoop is.
In die Verenigde Koninkryk alleen het mense wat bedank, verlede jaar skerp gestyg. Boonop beplan ‘n vyfde van werkers in dié moontheid om in die komende jaar groener weivelde te gaan soek waar hulle groter beroepsbevrediging én hoër salarisse kan geniet.
As jy ongelukkig by jou werk is, maar bedanking of ander aantreklike alternatiewe nie opsies is nie, is “quiet quitting” dalk net die ding. “Quiet quitting” beteken jy voldoen eenvoudig aan die minimumvereistes van jou werksverpligtinge.
Dié neiging versprei soos ‘n veldbrand op TikTok en vind duidelik aanklank by jong mense. Dit frustreer bestuurders en sommige het reeds hul kommer uitgespreek oor werknemers wat lyf wegsteek.
“Quiet quitting” gaan egter nie oor personeel wat hul werk vermy nie. Dit beteken net mense wil verhoed dat hulle nie ‘n betekenisvolle lewe buite hul werkplek het nie.
KULTUUR VAN ÓÓRWERK
‘n Wêreldkultuur van óórwerk het baie mense die afgelope 20 jaar opgeslurp. Werk sonder vergoeding het bloot ‘n vereiste van baie se verpligtinge geword.
Ná verskeie resessies en ‘n wêreldpandemie het veral millenniërs en Generasie Z dikwels nie dieselfde werkgeleenthede en finansiële sekuriteit as hul ouers nie.
Baie jong mense in professionele beroepe, wat relatiewe eenvoudige voortuitgang in die lewe verwag het, sukkel met twyfelagtige kontrakte en werkonsekerheid terwyl hulle kleitrap met ‘n bekostigebare dak oor hul kop. Van hulle werk gedurig oortyd en gaan uit hul pad uit om bevorderings en bonusse te kry.
En steeds kry hulle swaar.
‘n Onlangse studie deur Deloitte het bevind dat jong mense toenemend buigsaamheid en ‘n doel in hul beroep soek, asook balans en bevrediging in hul private lewens.
Baie jong professionele mense verwerp deesdae die werk-om-te-lewe leefstyl. Hulle hou aan werk, maar laat nie toe dat dit beheer van hul lewens oorneem nie.
GEEN BEDREIGING
Om teen jou minimumkapasiteit te werk, mag vreemd voel. Maar jy – én jou werkgewer – hoef nie vir “quiet quitting” bang te wees nie. Inteendeel, dit kan goed vir werknemers én werkgewers wees.
‘n Balans tussen werk en lééf hou nou verband met geestesgesondheid in verskeie beroepe, het studies bevind.
Glassdoor, ‘n webwerf wat werkgewers monitor, het verlede jaar ‘n opname met meer as 2 000 werkers in die Verenigde Koninkryk gedoen. Meer as die helfte het gesê wanbalans heers tussen hul werk en private lewe.
“Quiet quitting” se doel is om dié balans te herstel as jou werk inbreuk op jou persoonlike tyd maak. Dit help ook om jou selfwaarde van dié van werk te skei. As jou werk al is wat jy het, is dit moeilik om nie jou sin van eiewaarde daarop te skoei nie.
Wanopvattings van mislukking by die werk – soos as jy byvoorbeeld nie ‘n bevordering of erkenning vir jou prestasies kry nie - kan as persoonlike mislukkings geïnternaliseer word.
Dit kan angstigheid verhoog, want jy bekommer jou oor hoe jy kan verbeter. Mense reageer dikwels deur méér werk te doen. Dit vuur net die bose kringloop van oorwerk en lae selfbeeld verder aan.
IN SAK EN AS
Indien sake handuit ruk, kan jy uitbrand.
Uitbranding (“burn-out”) is in 2019 amptelik deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ‘n arbeidskwessie erken.
Dit word gekenmerk deur ‘n gevoel van leegheid, uitputting, sinisme, ‘n geestesafstand van werk en swak werksvertoning. Uitbranding is ‘n beduidende risiko wat uit oorwerk spruit. In die lang termyn kan dit liggaamlike, emosionele en geestesuitwerkings hê.
Uitbranding is ingewikkeld en duur vir beide individue en werkgewers.
Baie mense wat daaraan ly, moet uiteindelik tyd by die werk afneem of kan nie teen volle kapasiteit funksioneer nie. “Quiet quitting” skep ‘n beter balans tussen werk en jou persoonlike lewe en kan jou teen uitbranding beskerm voor dit té laat is.
Navorsing toon gelukkiger werknemers is meer produktief en meer betrokke. Dit kan keer dat jou aandag afgelei word of jy voel jy wil nie by die werk wees nie.
Gelukkige personeel is meer geneig tot vriendelikheid en koester gesonde vriendskappe by die werk – ‘n belangrike deel van mense se genot by hul werk. “Quiet quitting” se boodskap van doen net jóú werk, verwyder ook die negatiewe uitwerking op mense wat voel hulle moet heeltyd met hul medewerkers meeding.
Vriende by die werk bevredig ons behoefte om te behoort. Dit kan lojaliteit teenoor jou werkgewer bevorder en jou werk verbeter. Dit als kan tot beter produktiwiteit lei – wat uiteraard groter winste beteken.
‘DIE GROOT BEVRYDING’
“Quiet quitting” kan as die nuwe “groot bevryding” beskou word.
Mense verwerp oorwerk en uitbranding en kies balans en geluk. Hulle vestig grense sodat hul identiteit en eiewaarde nie aan hul produktiwiteit by die werk gekoppel is nie.
Instede daarvan dat werkgewers senuweebolle oor die verlies aan produksie is, behoort hulle die voordele verbonde aan die “quiet quitting”-beweging aan te gryp en die welstand van hul personeel te ondersteun.
Deur ‘n beter balans tussen personeel se werk en private lewe aan te moedig, stuur werkgewers die boodskap dat hulle hul werknemers waardeer. Dít sal tot groter betrokkenheid, produktiwiteit én lojaliteit lei.
Sodoende wen almal. – The Conversation

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie