Plaaswerkers kan uitsien na ’n bietjie meer geld in hul sakke wanneer die nasionale minimum loon amptelik op 1 Januarie 2025 in werking tree. Foto argief
Plaaswerkers kan uitsien na ’n bietjie meer geld in hul sakke wanneer die nasionale minimum loon amptelik op 1 Januarie 2025 in werking tree. Foto argief

Minimum loon amptelik verhoog

Tree op 1 Januarie 2025 in werking
Die aanpassings sal oor drie jaar ingefaseer word.
Augetto Graig
Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het die bevel vir die nuwe nasionale minimum loon op 7 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer.

Die aanpassings sal oor drie jaar ingefaseer word, met die eerste verhoging wat op 1 Januarie 2025 in werking tree.

Minister Utoni Nujoma het ná insette van die loonkommissie ontvang is, besluit dat die mees onderbetaalde werknemers, uitsluitend soldate, polisiebeamptes, tronkbewaarders en lede van die Namibiese Sentrale Intelligensiediens, vanaf volgende jaar meer moet verdien.

Huishulpe sal van volgende jaar af ten minste N$12 per uur moet verdien, en N$15 in 2026, voor dit teen 2027 tot N$18 per uur moet styg.

Plaaswerkers word ook spesifiek uitgesonder. Hul lone moet teen 1 Januarie volgende jaar minstens N$10 per uur wees, N$14 per uur in 2026 en N$18 per uur vanaf 1 Januarie 2027. Rantsoene en behuising mag nie afgetrek word nie, en toerusting of ander nodige insette om die werk uit te voer, mag ook nie van die loon afgetrek word nie.

Oortyd en werk op ’n Sondag of openbare vakansiedag moet bykomend betaal word.

Die loonkommissie sal die bevel elke twee jaar hersien, veral weens inflasie, volgens die Staatskoerant no. 8409. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!