Ministerie bekommerd oor niebetaling van oortyd
Hanteer 1 082 klagtes verlede kwartaal
Die arbeidsministerie het 'n beroep op werkgewers gedoen om hul verpligtinge teenoor werknemers na te kom deur te betaal wat regmatig aan hulle verskuldig is.
Jemima Beukes - Die ministerie van arbeid, werkskepping en nywerheidsbetrekkinge het – onder verskeie ander kwessies – ’n aanhoudende versuim aan vergoeding vir oortyd en werk wat op Sondae en openbare vakansiedae uitgevoer word, geïdentifiseer.
Die nakoming van kollektiewe ooreenkomste, voorkoming van ongemagtigde aftrekkings van werknemersvergoeding, behoorlike voorsiening van siekverlof en die tydige betaling van vergoeding is as ander uitdagings wat die sektor in die gesig staar, uitgelig.
In ’n kwartaallikse verslag vir Junie tot September het die kantoor van die arbeidskommissaris opgemerk die ministerie het gedurende die kwartaal 1 082 arbeidsklagtes hanteer, hoofsaaklik gefokus op uitstaande vergoeding.
“Gevolglik het die ministerie ’n bedrag van N$594 813 namens die geaffekteerde werknemers ingevorder. Werkgewers moet ’n manier implementeer om hul verpligtinge teenoor werknemers na te kom deur te betaal wat regmatig aan hulle verskuldig is,” lui die verslag.
Die verslag het bygevoeg die ministerie is besig om die derde nasionale indiensnemingsbeleid te ontwikkel.
Die Arbeidshulpbron- en Navorsingsinstituut, met ondersteuning van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), is genader om die beleid se ontwikkelingsproses te dryf, en ’n konsep-ontledingsverslag van die situasie is reeds ingedien.
“’n Werkwinkel in hierdie verband het reeds plaasgevind,” het die verslag bygevoeg.
HANGENDE SAKE
Verder het die ministerie 2 048 arbeidsake hanteer, wat ’n toename van 118 vanaf die vorige kwartaal aandui.
Intussen staar die kantoor ’n agterstand in die gesig en slaag daarin om net 979 sake (48%) af te handel.
Luidens die verslag sluit die redes vir hierdie vertragings uitstel deur partye of arbiters in, asook voortgesette onderhandelinge en volgeboekte skedules van sommige arbiters weens die ministerie se hoë sakelading.
“Hierdie syfer sluit ook sake in wat reeds arbitrasie ondergaan het (bewyse reeds gelewer) maar die toekennings is nog nie uitgereik nie, sake wat versoen is maar nog nie gearbitreer is nie, en sake wat gedeeltelike arbitrasie ondergaan het.”
Die verslag het bygevoeg die ministerie het gedurende die kwartaal onder oorsig ’n konsultasievergadering vir belanghebbendes met die tegniese werkgroep (TWG) gehou oor die implementering van die nasionale arbeidsmigrasiebeleid.
Die doel van die vergadering was om die vorige kwartaal se verslag oor die implementering van die beleid te bespreek, met elke instelling wat sy verslag aan die TWG voorgelê het.
Een van die beleid se sleutelprestasies gedurende die kwartaal was die bekendstelling van ’n 24-uur operasie by die Mamuno-grens op 1 April om die gladde fasilitering van beweging van persone tussen Namibië en Botswana verder te versterk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie