Moord by die werkplek
Vyf mense sterf sedert 2019
Die neiging van werkplekmoorde word as kommerwekkend in die arbeidsektor beskryf.
Vyf mense is die afgelope vyf jaar in Namibië by hul werkplekke doodgeskiet, 'n skrikwekkende neiging wat die land se arbeidsmag ontstig het.
Vier van die slagoffers is deur hul ondergeskiktes doodgeskiet, terwyl een deur sy baas geskiet is.
Die jongste slagoffer is John Myburgh (43), wat verlede Vrydag by sy werkplek, Henning Crusher op Ondangwa doodgeskiet is, na bewering deur sy ondergeskikte, Tuutileni Mika. Myburgh se medebestuurder Johan Richter (44) is ook geskiet en is in 'n kritieke toestand met ‘n koeëlwond in sy linkeroog en kop in die Ondangwa Privaat Hospitaal opgeneem.
Mika wou na bewering 'n derde werknemer by die maatskappy skiet, maar die vuurwapen se patrone het glo opgeraak.
By die City Centre-gebou in Windhoek is Sarah Mwilima op 28 Januarie 2019 deur 'n kollega, Simataa Simasiku, doodgeskiet terwyl sy by die Global Fund-kantore aan diens was. Simasiku is ongeskik bevind om verhoor te word en ná sielkundige evaluering met skisofrenie gediagnoseer.
Vier maande later, in April 2019, is die uitvoerende direkteur van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt), Eckhart Mueller (72) en sy adjunk, Heimo Hellwig (60), by die organisasie se hoofkantoor by Arandis deur hul junior werknemer Ernst Lichtenstrasser doodgeskiet. Hy is in April vanjaar tot 66 jaar tronkstraf gevonnis.
Ook in April 2019 is Hausiku Andreas Muyeu by die Andara Enterprise Supermark in die nedersetting Andara doodgeskiet, na bewering deur sy baas Xuefeng Chen (30) en sy vennoot Zhenhai Zhou (32).
Werkplek 'n 'slagveld'
Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), het verlede week se moord by Henning Crusher veroordeel en sommige van die gevalle van geweld by werkplekke toegeskryf aan 'gefrustreerde' werknemers wat die werkplek 'n slagveld gemaak het.
Hy het gesê onder geen omstandighede moet enige iemand 'n vuurwapen werk toe dra nie.
“Ons leef nie in 'n wêreld van oorlog nie. As iemand met ’n vuurwapen werk toe gaan, wys dit jou al reeds dat daar geen kapasiteit vir leierskap by daardie maatskappy is nie,” het hy gesê.
Oor die Ondangwa-voorval word beweer dat Mika die werksperseel kortstondig verlaat het om die vuurwapen by die huis te gaan haal.
“Dit het gelyk asof almal in daardie werkplek geweet het dat Mika, wat 'n grief met sy toesighouers gehad het, die medewerker was wat waarskynlik gewelddadig sou word. Ek is seker hy het óf voorheen dreigemente gemaak óf hy is gesien met 'n vuurwapen. Tog het niemand stappe gedoen om in te gryp nie,” het Muniaro opgemerk.
Hy het gewaarsku dat werkgewers voorsorgmaatreëls moet tref en welstandsprogramme moet oorweeg.
“Werkgewers is daarop gefokus om geld te maak en ryk te word in plaas daarvan om ook na die welstand van werknemers te kyk. Ons gaan hierdie kwessie met die ministerie van arbeid opneem om die wet in terme van veiligheid by die werkplek te versterk. Ek kon sê sluit die besigheid totdat hulle hul huis in orde het,” het hy gesê.
Beleide geïgnoreer
Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië (Tucna), het gesê afknouery, diskriminasie, begunstiging en teistering – hetsy seksueel of verbaal – is alles kwessies wat geweld by die werk kan bevorder of aanmoedig.
Hy het gesê hoewel maatskappye beleide het wat hulle lei oor hoe hulle griewe by die werk moet hanteer, steur baie werkgewers in Namibië hulle nie daaraan nie – ten spyte daarvan dat die land die Internasionale Arbeidsorganisasie se konvensie 190 oor die uitskakeling van geweld en teistering in die werkplek in Februarie 2020 bekragtig het.
“Hulle kyk eerder na die persoon se posisie in die maatskappy en verklein die kwessie of staar hulle blind daarteen. Gevolglik raak die meeste van hierdie werknemers met onopgeloste kwessies depressief en bly soms vir lang tydperke weg van die werk sonder 'n verduideliking,” het Kavihuha gesê.
Hy verduidelik op 'n stadium besluit hulle 'ek is reeds dood van binne, laat ek hulle doodmaak, ek het niks om te verloor nie'.
Die vakbondhoof het die neiging van werkplekmoorde as kommerwekkend beskryf.
Terwyl die meeste van hierdie sterftes by private maatskappye gebeur het, het Kavihuha gesê soortgelyke woede broei in die openbare sektor.
“Daar is ’n oorlog by staatskole. En hierdie kwessies is aangemeld en daar is nie aandag gegee nie. Ek doen 'n beroep op werkgewers om [betyds] en regverdig op griewe te reageer. Geen selektiewe straf en viktimisasie teen diegene wat praat nie.”
Volgens Kavihuha moet werkgewers hul sokkies optrek om voorvalle van hierdie aard te vermy, en voeg by dat hulle as vakbond met die sekretaris van die kabinet, George Simataa, sal praat oor uitvoerende direkteure wat hul pligte versuim om gerapporteerde arbeidskwessies te hanteer.
Wees proaktief
Arbeidskenner Herbert Jauch het gesê hoewel hulle nie gedetailleerde statistieke oor geweld by die werkplek het nie, is die voorbeelde wat aangehaal word kommerwekkend.
Hy het opgemerk dat die meeste voorvalle wat by die werk aangemeld word, blykbaar gevalle van seksuele teistering en viktimisasie is.
Werkgewers het 'n wetlike verpligting om werknemers teen enige vorm van geweld en teistering te beskerm, het hy beklemtoon.
“Werkgewers moet proaktief wees om seker te maak dat sulke voorvalle nie plaasvind nie. Prakties is onderrigsessies en vinnige en doeltreffende grieweprosedures instrumente wat by werkplekke gebruik kan word. In gevalle van mishandeling moet vinnige dissiplinêre stappe geneem word,” het Jauch gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie