Die Namibia Economic Freedom Fighters wil hê die president moet minister Utoni NUjoma uit sy amp terugroep. Foto Ogone Tlhage
Die Namibia Economic Freedom Fighters wil hê die president moet minister Utoni NUjoma uit sy amp terugroep. Foto Ogone Tlhage

NEFF: President moet ‘nikswerd’ Utoni terugroep

Ogone Tlhage
Die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) eis dat president Hage Geingob die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Utoni Nujoma, uit sy amp terugroep, en sê hy het sy doel gedien en is nie meer nuttig om die belange van werkers te bevorder nie.

Dit volg op ‘n woordewisseling tussen die party se ekonomiese kommissaris, mnr. Michael Amushelelo, en Nujoma oor eersgenoemde se onverwagse besoeke aan maatskappye oor arbeidskwessies.

Amushelelo het Nujoma vandeesweek “nutteloos” genoem tydens ‘n vergadering wat tussen die NEFF en die arbeidsministerie gehou is. Die vergadering is belê vir die partye om ‘n oplossing vir werkers se nood te vind, maar is afgelas ná die woordewisseling.

'RY OP SY PA SE RUG'

NEFF het na Nujoma gekap en gesê die minister van arbeid sou nie in dié posisie wees as dit nie vir sy pa, stigterspresident Sam Nujoma, was nie.

“Vir te lank het hy sy pa se naam in sy magsposisie gebruik, pleks van persoonlike meriete. Hy bly dieselfde man wat ons grond aan buitelanders verkoop het. Dit is onder sy leierskap dat Namibiërs steeds deur Chinese burgers uitgebuit word; dit is onder sy beheer dat ons ‘n arbeidskrisis het in die naam van internasionale konvensies,” het mnr. Longinus Iipumbu, adjunkleier van die NEFF, gesê.

'NOOIT VIR IETS GEWERK NIE'

Die party het Nujoma verder daarvan beskuldig dat hy nooit vir enigiets gewerk het nie en dat hy net by sy politieke status gebaat het. Die NEEF het belowe om ‘n oplossing vir werkerskwessies te vind sonder Nujoma se betrokkenheid.

“NEFF-leierskap sal ander maniere oorweeg om die tegniese personeel van die ministerie te betrek om te verseker die lot van ons werkers en hul probleme word aangeroer,” het Iipumbu gesê.

Werkers se regte sal aanhou vertrap word met Nujoma aan die stuur van die ministerie van arbeid, het hy bygevoeg.

“Dit is deur hom dat die grondslag van apartheid-nalatenskap van onderdrukking en uitbuiting voortduur; daarom doen ons ‘n beroep op die president om die bondeltjie vreugde tot orde te roep deur hom huis toe te stuur.

“Hy het sy aftree-ouderdom verbygesteek en het bewys dat hy kapitaal bo mense prioritiseer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!