NovaNam se visserbote vang tans geen vis nie. Foto verskaf
NovaNam se visserbote vang tans geen vis nie. Foto verskaf

NovaNam verloor miljoene weens staking

Lei verlies van N$2,1 miljoen per dag
Die werknemers van NovaNam eis salarisverhogings en staak reeds meer as 'n week.
Stefan Noechel
Die vismaatskappy NovaNam se werknemers staak reeds vanaf verlede Dinsdag en die maatskappy verloor na bewering daagliks sowat N$2,1 miljoen weens die staking.

Die werknemers eis ’n salarisverhoging van N$2 per uur en het aangedui dat hulle met niks minder as N$1,50 tevrede sal wees nie.

NovaNam is bereid om ’n verhoging van 60c per uur aan te bied.

“Ons vissersbote lê sedert verlede week op anker. Dit beteken ons bote vang nie vis nie, so ons fabriek kan geen werk doen nie,” het NovaNam se uitvoerende direkteur, mnr. Edwin Kamatoto, gesê.

NovaNam se bestuur beweer dat die staking onwettig is omdat hulle nie by die reëls vir die onderhandeling van ’n salarisverhoging gehou het nie.

Die reëls vereis glo dat kennisgewing van ’n staking vyf dae voor die staking begin, gegee moet word. Die Namibiese Unie vir See-en Verwante Werkers (Nasawu) het na bewering die bestuur net vier dae kennis gegee.

Die stakende werknemers het Dinsdag voor NovaNam se perseel in Lüderitz betoog.

Die onderhandelinge vir salarisverhogings het reeds verlede jaar begin en NovaNam se werknemers het na bewering die afgelope jaar reeds ’n verhoging van N$1,50 per uur ontvang.

Die werknemers beweer ook dat NovaNam sowat 1 500 tydelike werkers in ’n tydperk van tien jaar aangestel het. Die maatskappy het tydens verlede jaar se onderhandelinge glo belowe dat hulle vir 25 werknemers permanente poste sal aanbied, maar dit het na bewering nie gebeur nie.

NovaNam se uitgawes het ook toegeneem as gevolg van die stygende brandstofpryse.

Die vraghouerdienste vanaf Walvisbaai is boonop gestop en nou moet die maatskappy grondstowwe vanaf Walvisbaai na Lüderitz vervoer.

NovaNam het glo ook oor die afgelope drie jaar meer as N$650 miljoen belê vir die bou van drie splinternuwe diepsee-vistreilers.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!