Die NWR het Vrydag aangekondig dat die maatskappy sy werknemers se salarisse, vervoertoelae en behuisingstoelae sal verhoog. Foto Argief
Die NWR het Vrydag aangekondig dat die maatskappy sy werknemers se salarisse, vervoertoelae en behuisingstoelae sal verhoog. Foto Argief

NWR se werknemers kry verhoging

Kristien Kruger
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het ’n ooreenkoms met die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) bereik rakende salarisse en voordele vir sy werknemers.

Die NWR het Vrydag in ’n mediaverklaring gesê sy werknemers se salarisse sal volgens die onderskeie salarisskale A tot D verhoog word.

Vervoer- en verblyftoelae is ook verhoog.

Die onderhandelinge is op 21 November afgehandel en alle besprekings het volgens die verklaring in goeder trou en sonder enige probleme plaasgevind.

“Die werknemers wat ons deur die Covid-19-storm gedra het, het ook nou finansiële verligting nodig,” lui die verklaring.

NWR sê sy personeellede is gedwing om tydens die pandemie salarisverlagings te aanvaar. Hul voordele soos oortyd en reistoelae is gestaak en personeellede wat bevorder is, is glo nie volgens hul nuwe salarisskale betaal nie.

“Ons werknemer se harde werk en begrip tydens hierdie moeilike tyd, is iets waarop ons baie trots is,” het NWR in die verklaring gesê.

Personeel op skaal-A se salarisse is met 13% verhoog, skaal-B s’n met 7%, skaal-C met 4,6% en skaal-D met 2,5%.

Partye het ooreengekom dat die vervoertoelaag vir die salarisskale wat in munisipale gebiede werk en nie van amptelike vervoer voorsien word nie, van N$222 na N$650 per maand verhoog word.

Die behuisingstoelae vir die kwalifiserende salarisskale A tot C sal soos volg toeneem: Skaal-A vanaf N$1 295 na N$1 330 per maand; skaal-B na N$1 850 per maand; en skaal-C vanaf N$1 808 na N$1 850 per maand.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!