Die uitvoerende hoof van die Oshakati-dorpsraad, mnr. Timoteus Namwandi. Foto Tuyeimo Haidula
Die uitvoerende hoof van die Oshakati-dorpsraad, mnr. Timoteus Namwandi. Foto Tuyeimo Haidula

Oshakati-dorpsraad: Werkers stem ja vir staking

Eis verhoging van 7%
Tuyeimo Haidula
Werknemers van die Oshakati-munisipaliteit het gestem om te staak nadat hulle geen salarisverhoging vir die huidige boekjaar aangebied is nie.

Dit sal die derde jaar agtereenvolgens wees wat dié werknemers nie ‘n salarisverhoging ontvang nie. Hulle eis ‘n verhoging van 7%, wat terugdateer na Julie 2021.

Verlede Vrydag het 99% van die werknemers ten gunste van ‘n staking gestem.

‘n Omsendbrief van die kabinet wat in September 2021 aan alle plaaslike owerhede gestuur is, het verklaar daar sal geen verhogings vir die jaar 2022 wees nie weens die impak van Covid-19, werkverliese en die huidige ekonomiese uitdagings.

Mnr. Iipumbu Shiimi, minister van finansies, het in sy middeltermyn-begrotingsoorsig gesê ondanks die verminderde aantal Covid-19-gevalle en -sterftes wat onlangs aangeteken is, is Namibië steeds midde ‘n ellendige ekonomiese situasie.

Die uitvoerende hoof van die Oshakati-dorpsraad, mnr. Timoteus Namwandi, het aan ons susterkoerant Namibian Sun bevestig ‘n stemming is Vrydag gehou – waar die meerderheid werknemers ten gunste van ‘n staking gestem het.

Namwandi het gesê samesprekings is tussen die raad en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) gehou, maar hulle kon nie tot ’n vergelyk kom nie.

“’n Geskil is tussen Napwu en die raad verklaar wat deur die arbeidskommissaris bemiddel is. Dit beteken ‘n sertifikaat van die onopgeloste dispuut is uitgereik – wat die werknemers laat met die besluit of hulle wil staak of nie,” het hy gesê.

Namwandi het gesê samesprekings is nog aan die gang en hulle hoop om ‘n ooreenkoms met die werknemers deur hul vakbond te bereik voordat hulle die finale stap neem.

Hy het gesê die raad het verlede jaar in beginsel ’n verhoging van 7%, onderhewig aan ministeriële goedkeuring, goedgekeur. Namwandi het gesê hulle konsulteer tans met die ministerie om ‘n finale besluit oor die kwessie te kry.

Namwandi het bygevoeg indien die werkers staak, sal dienslewering in die dorp geraak word. Daarom het hulle probeer om met die werknemers in gesprek te tree om met ‘n oplossing vorendag te kom.

As ’n salarisverhoging van 7% goedgekeur word, sal die raad na verwagting sy tariewe en belasting verhoog om die tekort te dek.

Mnr. Erastus Uutoni, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, kon nie vir kommentaar bereik word nie, aangesien hy glo met verlof is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!