Padbouprojek ruk dood
Vergadering vir vandag beplan
Die projek van N$530 miljoen is in November 2020 aan China Henan International Cooperation Group toegeken en moet na verwagting teen 2025 voltooi wees.
Arbeidskwessies wat tot protesaksie by die konstruksiekamp op Asab gelei het, het Donderdag bouwerk aan die B1 tussen die afdraaie na Tses en Gochas, asook die C18 tot stilstand gedwing.
Die projek van N$530 miljoen is in November 2020 aan China Henan International Cooperation Group (Chico) toegeken en moet na verwagting teen 2025 voltooi wees. Meer as 420 werkers is by die bouwerk betrokke.
Volgens mnr Erwin April, die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië (Manwu) se erkende werkersverteenwoordiger, is die staking onwettig en hy het werknemers gewaarsku dat dit ’n negatiewe impak sal hê, maar dit het op dowe ore geval.
Hy sê bouwerk aan die projek tussen Gibeon en Asab is al ver gevorder, maar slegs brûe en duikslote word in Tses se rigting gebou.
Bedrywighede staan tans stil met werkers wat met busse onder polisiebegeleiding by die kamp opdaag, maar te bang is om te werk.
Medewerkers het Donderdag dreigemente rondgeslinger en sekere werknemers aangerand om hulle te dwing om nie te werk nie, sê hy.
“Ons is nou in twee verdeel,” vertel hy van die impak van Donderdag se besoek van mnr. Michael Amushelelo, die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) se kommissaris vir ekonomiese ontwikkeling, aan die ontevrede werkers.
Amushelelo het in sy toespraak die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping en Namibiese vakbonde as nutteloos beskryf.
“Hulle kan besluit om aan julle eise te voldoen, om vreedsaam die kwessie op te los, óf ons sit net die gereedskap neer,” het hy die werkers aangemoedig.
VERGADERING
Die goewerneur van die Hardapstreek, mnr. Salomon April, wat later teenwoordig was, het gevra dat ’n vergadering tussen die betrokke partye belê word om die kwessies op te los.
Volgens die werkersverteenwoordiger was dit Chico se bestuur wat nie gereed was nie en vandag as datum vir die vergadering voorgestel het.
Die goewerneur het gesê hy sal vanaf 09:00 gereed wees om aan die vergadering met werkersverteenwoordigers, Chico se bestuur en Manwu-beamptes deel te neem.
Dit is onduidelik of die NEFF betrokke sal wees, maar Amushelelo het glo gesê hy sal met die volle mag van die politieke party die vergadering bywoon. Amushelelo het nie Republikein se oproepe beantwoord nie.
KLAGSKRIF
’n Werknemer wat anoniem wil bly, het aan Republikein gesê verpligte werk op Saterdae word nie beloon nie, en verblyf word aan minder as 5% van die werkers voorsien. “Die res moet hul eie huise bou, of iewers huur,” sê hy.
Hy is ook ontevrede oor hoe die Chinese voormanne die Namibiese werkers behandel. Die werknemers het reeds die kernkwessies oor hul ontevredenheid op 12 April onder die projekbestuurder, mnr. Zhang Hongbo, se aandag gebring.
Die klagskrif sluit onder meer lae besoldiging, ’n tekort aan behuising, geen voedseltoelae, geen vergoeding vir gevaarlike werksomstandighede, geen toegang tot water of krag, en kwesbare werksomstandighede in.
Die subkontrakteurs verskaf glo ook nie beskermende toerusting (PPE’s) aan werkers nie, en betaal nie die minimumloon nie. Verder bevraagteken die werkers die gehalte van die geboude paaie en verlengde werksure.
Hongbo het op 19 April in skrif op al die klagtes gereageer. Hy het die maatskappy verdedig, en gesê die hoofkwessie is die versuim om van interne prosedures gebruik te maak om geskille op te los.
In reaksie op die klagtes dat Chinese voormanne ongeskik teenoor werknemers is en hulle onmenslik behandel, sê hy hulle sal weer opleiding hierin ontvang, terwyl strenger beheer oor veiligheidstoestande uitgevoer word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie