#PasIn: Voormalige Air Nam-werknemers eis volle betaling
KYK
Voormalige werknemers van Air Namibia het 'n petisie aan die ministerie van justisie oorhandig waarin hulle die volle betaling van hul afleggingspakkette eis, waaroor onder eed ooreengekom is met hul gedwonge diensbeëindiging ná die likwidasie van die maatskappy.
Die groep se verteenwoordiger, Renier Bougard, het sy ontevredenheid uitgespreek met Elsie Bertram-Beukes, die meester van die hoërhof, se toespraak waarin sy ‘n beroep op geduld en die regte kanale gedoen het.
Die werknemers eis die nakoming van die oorspronklike ooreenkomste, eerder as die verminderde bedrae wat verlede jaar betaal is. Die petisie deur die meester van die hoërhof en die waarnemende uitvoerende direkteur van die ministerie van justisie, John Shimaneni, ontvang. Video: Jemimah Ndebele

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie