Regering tussen twee vure oor stakingsreël
'Geen werk, geen betaling'-voorwaarde onder loep
Voorgestelde wysigings aan die wet sal waarskynlik gereed wees vir oorweging teen die tweede kwartaal van vanjaar.
Ogone Tlhage - Die kommissaris vir gelyke indiensneming, Otniel Podewitz, sê hoewel Namibië nie heeltemal kan wegdoen met die “geen werk, geen betaling”-stakingsreël nie, kan wysigings aan die arbeidswet in die toekoms meganismes insluit wat die belange van stakende werkers sal beskerm.
Dit volg op ’n verhoor oor ’n staking by die nasionale uitsaaier (NBC), wat werkers in ’n ongunstige posisie gelaat het weens die “geen werk, geen betaling”-beginsel.
Wetgewers het met die kommissie oor diensbillikheid en die ministerie van arbeid, werkskepping en nywerheidsbetrekkinge oor die kwessie vergader.
Volgens Podewitz is daar opponerende belange van beide werkgewers en werknemers om te oorweeg, en is die saak nie so eenvoudig nie.
“Die huidige kwessie is dat ons ons arbeidswet wysig; daar is standpunte dat die [geen werk, geen betaling-] reël nie goed werk nie omdat werknemers swaarkry. Werkgewers kan net weier om te betaal en niks doen nie.
“Aan die ander kant verloor die werkgewer produktiwiteit en wat ook al gedoen moes word,” het hy gesê.
BESTE PRAKTYKE
As ’n lid van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) moet Namibië ook die beste internasionale praktyke met betrekking tot arbeidskwessies volg.
“Dis nie maklik om te verander nie, want ons is lede van ILO; dis waar die algemene reëls bepaal word. Of dit ’n goeie of slegte ding is, is nie regtig vir die ministerie om te sê nie, dit dwing bloot die wet af en implementeer dit,” het hy gesê.
Podewitz het erken die NBC-staking is uitgerek.
“In hierdie geval het dit lank geneem. Dit het amper ’n maand aangegaan en hulle het nie eens eintlik ’n ooreenkoms by die konsiliasie gehad nie. Hulle het buite onder mekaar ’n ooreenkoms bereik, maar toe die ooreenkoms aan die ministerie verskaf om aan te dui dat hulle die saak afgesluit het,” het hy gesê.
SKUIWERGATE
Podewitz het gesê werkgewers en werknemers kan ook sake probeer oplos sonder die betrokkenheid van die arbeidsbemiddelaar, maar het gewaarsku ’n balans moet gevind word tussen die belange van beide partye.
“Skuiwergate, dit is ’n baie moeilike area. As jy vanuit die werknemers se perspektief daarna kyk, blyk dit nie regverdig te wees nie, maar – soos ek gesê het – die werkgewer is ook ’n party. Hulle het ’n belang en hulle sal daarop aandring om nie te betaal nie omdat geen diens gelewer word nie,” het hy gesê.
Voorgestelde wysigings aan die wet sal waarskynlik gereed wees vir oorweging teen die tweede kwartaal van vanjaar.
“In hierdie rondte kan ons dalk met bykomende maatreëls vorendag kom om werknemers te beskerm. Ons hoop om voor die einde van die tweede kwartaal deur daardie proses te kom. Moontlik is daar dan dalk ’n standpunt wat van al die partye af kom,” het hy gesê.
STERK TEENKANTING
Die arbeidsnavorser Herbert Jauch het gesê hy verwag dat enige pogings om weg te doen met die “geen werk, geen betaling”-reël met ernstige teenkanting deur werkgewers begroet sal word.
“Of dit geïmplementeer gaan word, is ’n ope vraag; dit sal aan die Nasionale Vergadering oorgelaat word vir oorweging. [Die stakingsvoorwaarde] kan verander word, maar ek is nie seker of hulle dit kan doen nie, want werkgewers sal dit teenstaan en die parlement sal teen hulle moet gaan,” het hy gesê.
Michael Akuupa, direkteur van die Labour Resource and Research Institute of Namibia, het bygevoeg die arbeidswet bied in sy huidige vorm meer beskerming aan werkgewers.
“Ingevolge die huidige wet het werkgewers meer mag. Dit is belangrik dat, indien hulle dit hervorm, dit aan die vakbonde oorgelaat word om te motiveer waarom daardie klousule verwyder moet word.
“Dit ontneem die werknemer van die mag om te staak en behoort ’n kwessie te wees wat aandag moet geniet,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie