Salarisonderhandelinge by Meatco afgehandel
Meatco en die Namibiese Voedsel- en Verwante Werkersunie (Nafau) het die 2024-’25-boekjaar se ooreenkoms vir loon- en salarisonderhandelinge suksesvol gesluit en onderteken.
Meatco het gesê die pas afgehandelde onderhandelinge sluit in dat werknemers van bedingingseenhede A- en B-vlakke ’n verhoging van 7% en 6% onderskeidelik ontvang, teruggedateer na Maart vanjaar tot einde September 2024.
Die maatskappy sê dié werknemers sal ook ’n bykomende salarisaanpassing ontvang wat in twee paaiemente (September 2024 en Maart 2025) van 50% elk betaal sal word.
“Deel van die ooreenkoms is ook dat 15 werkers wat vir vier opeenvolgende jare gewerk het vir vastetermynkontrakte (FTC’s) geïdentifiseer is en permanente indiensneming aangebied sal word.
“Laasgenoemde is gebaseer op hul datum van aanstelling en wat in werking tree met die ondertekening van die ooreenkoms.
“Nog 37 FTC’s sal teen nie later nie as 31 Desember 2025 permanente werknemers gemaak word.
“Alle FTC-werknemers sal vergoed word vir ’n volle nege-uur werksdag, ten spyte van vroeë vrystelling van diens as gevolg van operasionele eise in die toekoms,” het Meatco gesê.
Volgens die maatskappy versterk progressiewe arbeidsooreenkomste van hierdie aard die werksverhoudinge tussen werknemer en werkgewer om ’n bevorderlike werksomgewing te skep wat produktiwiteit en volhoubare bedrywighede kweek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie