Elso Holdings is ’n bekende plaaslike handelsmerk in Namibië. Foto Elso Holdings
Elso Holdings is ’n bekende plaaslike handelsmerk in Namibië. Foto Elso Holdings

Seepmaker beleef moeilike tye

Augetto Graig
Elso Holdings se werknemers word tans net ’n gedeelte van hul salarisse betaal en die res binne twee weke daarna. Dit is weens kontantvloeibeperkings.

So het die woordvoerder, David Muwonge, op navraag gesê.

Die klagtes vanaf werknemers sluit ook ’n tekort aan veiligheidstoerusting in asook gereelde werkstilstande weens ’n gebrek aan materiaal.

Talle is in November verlede jaar afgelê voor die fabriek vanaf Prosperita na Lafrenz in Windhoek verskuif het, het ’n werknemer wat anoniem wou bly, gesê.

“Die probleme het vanjaar ernstig begin, maar ons sukkel al twee tot drie jaar met oorpakke,” sê hy.

Muwonge ontken onveilige werkstoestande en dring daarop aan dat oorpakke, stewels en voorskote voorsien word waar nodig.

“Die gevaarlikste produk word nie gereeld vervaardig nie, net op versoek van ’n spesifieke klant.

“Wanneer die grondstowwe aangekoop word en hierdie produk vervaardig word, word daar verseker dat maskers en handskoene gedra word.

“Wanneer gevaarlike chemikalieë aangekoop word, word dit gewoonlik gebruik en nie gestoor nie, daarom is daar geen gevaarlike chemikalieë op enige tydstip in die pakhuis nie,” brei hy uit.

Muwonge het egter erken dat een werknemer in Mei aan diens beseer is, hoewel dit volgens hom die enigste besering vanjaar was.

Elso Holdings vervaardig tans 27 skoonmaakverwante produkte by een fabriek, met een tak vir verspreiding, en het 30 werknemers in diens; 21 vroue en nege mans, volgens Muwonge.

Die maatskappy vervaardig tans ook geen produkte vir uitvoer nie.

Republikein het twee jaar gelede berig oor dié plaaslike skoonmaakprodukreus wat toe reeds 65 jaar bestaan het, en by sewe takke landswyd toe 120 werknemers in diens gehad het. Die maatskappy is in 2016 deur ’n fonds gekoop wat deur die genoteerde EOS Capital se Allegrow-fonds bestuur word, en het groot uitbreidingsplanne gehad.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!