Staat se leerlingdokters wen oortydstryd
Saak gaan voort na arbitrasiefase
Die staat se verweer was dat hy tegnies nie dienskontrakte met die mediese interns het nie en dus nie verplig is om sodanige betalings te maak nie.
Jemima Beukes – In ’n grensverskuiwende uitspraak het die kantoor van die arbeidskommissaris Dinsdag bevind dat leerlingdokters in diens van die staat ingevolge die land se Arbeidswet geregtig is op oortydbetaling vir hulle werk.
Meer as 100 leerlingdokters, verteenwoordig deur Henry Shimutwikeni & Co Inc, het hul werkgewer na die arbeidshof gesleep om hulle oortydbetaling te eis.
Die staat se verweer was dat hy tegnies nie dienskontrakte met die mediese interns het nie en dus nie verplig is om sodanige betalings te maak nie.
In ’n brief aan die staatsprokureur Matti Asino ná die uitspraak, het Shimutwikeni verduidelik sy kliënte is geregtig op oortydbetaling vir alle ure wat meer gewerk is as die werksure wat die Arbeidswet voorskryf.
Volgens hofstukke wat vroeër ingedien is, het die interns gekla dat hulle gedwing is om meer as die 40 uur per week te werk wat as deel van hul internskapooreenkoms bepaal is.
Die leerlingdokters, wat op die voorste linies van die verwoestende Covid-19-pandemie gewerk het, het ook op mediesefondsvoordele aangedring.
“Sou die regering nie die mediese interns se oortyd betaal ingevolge die uitspraak en soos enige werknemer van die regering daarop geregtig is nie, sal ons, indien ons opdrag gegee word, eise teen die regering instel – wat in hierdie stadium blykbaar miljoene Namibiese dollars kan beloop. ”
GEEN VERHOUDING
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het volgehou dat daar geen werkgewer-werknemer-verhouding tussen hom en die mediese interns is nie, wat beweer hulle is ekonomies afhanklik van die ministerie – wat hulle ’n vaste basiese toelaag betaal en hulle van mediese toerusting voorsien om hul pligte uit te voer.
Die ministerie het ook daarop gewys dat die leerlingdokters wetlik verplig word om ’n internskap van twee jaar te voltooi om vir professionele registrasie in aanmerking te kom; maar het egter bygevoeg dat sodanige reëling nie ’n werkgewer-werknemer-verhouding daarstel nie.
In die uitspraak het die arbiter Immanuel Heita gesê – gebaseer op die ooreenkomste tussen die twee partye – is dit duidelik dat die leerlingdokters tydens die opleiding van twee jaar 40 uur per week moet werk, en geregtig is op ’n jaarlikse toelaag van N$328 148 en twee dae verlof.
Heita het ook verwys na die gewysigde Arbeidswet van 2012 wat bepaal dat ’n persoon wat ’n integrale deel van die organisasie vorm, as ’n werknemer van die betrokke organisasie geag word, asook individue wat van gereedskap en toerusting voorsien word om hul werk uit te voer.
“’n Persoon word as ’n werknemer beskou ongeag die kontrak tussen hulle, solank een van daardie faktore in die verhouding aanwesig is. Ek wil graag daarop wys dat die respondent [regering] versuim het om bevredigende bewyse te verskaf waarom die applikante nie as werknemers beskou moet word nie.”
Hy het bygevoeg: “Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die eerste minister van Namibië se uitdaging van die voorlopige kwessie is van die hand gewys. Die saak sal na die arbitrasiefase voortgaan, met die datum wat aan die partye gekommunikeer sal word.”
Dr. Kalumbi Shangula, die gesondheidsminister, het vandeesweek gesê hy is nie bewus van die saak nie en sê dit word gewoonlik deur die ministerie se menslikehulpbron-departement hanteer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie