Staat slag gans wat goue eiers lê, sê NEF
Fima kry teenstand
Die NEF beweer die nuwe wetgewing gaan werkgewers twee keer laat dink of hulle 'n pensioenfonds aan hul werknemers gaan bied omdat onbetaalde bydraes kan lei tot persoonlike vervolging van die werkgewer.
Die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF) het Dinsdag ’n mediaverklaring uitgereik aangaande hul kommer oor die Wet op Finansiële Instellings en Markte (Fima) wat na verwaging binnekort in werking tree.
Fima is sonder veel bespreking en beraadslaging deur die parlement aanvaar en is reeds in die Staatskoerant gepubliseer.
Die minister moet nou ’n datum vasstel en publiseer wanneer Fima in werking tree.
Volgens die verklaring is werkgewers tans nie verplig om aftreevoordele aan hul werknemers te verskaf nie en is die NEF van mening dat Fima in sy huidige formaat vernietigend kan wees vir werkgewers en op die lang duur ook die Namibiese ekonomie.
“Ongelukkig hou hoofstuk 5 van Fima, die nuwe aftreefondswet, ernstige risiko's vir werkgewers in en stel ook streng verpligtinge aam werkgewers.,” lui die verklaring.
Die NEF het 'n basiese opname onder sy lede gedoen en dis glo duidelik dat die meerderheid werkgewers bekommerd oor Fima is.
“Die NEF vertrou dit is nie 'n poging van die regering om op te maak vir hul eie mislukking om die ekonomie te laat groei, om werksgeleenthede te skep en om ruimte vir ekonomiese beleggings te skep nie.
“Duisende mense kan moontlik hul werke verloor en van die staat afhanklik word vir oorlewing. Die regering se reaksie is skynbaar om die gans wat die goue eiers lê, te slag.”
TWEE KEER DINK
Kragtens die Pensioenfondswet het die werkgewer slegs een verpligting teenoor die fonds gehad, naamlik die betaling van bydraes binne sewe dae van die maand.
Indien hul versuim om bydraes te betaal, is dit 'n oortreding en die oortreder kan 'n boete van hoogstens N$200 opgelê word.
“Onder Fima sal die werkgewer se verpligtinge en aanspreeklikheid vir boetes aangepas word. Die maatskappy, sy direkteure en beamptes bly gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir enige onbetaalde bydraes en die voorgeskrewe rente daarop. Elke direkteur of beampte kan dus persoonlike vervolging in die gesig staar om uitstaande bydraes te verhaal,” lui NEF se verklaring.
Volgens die NEF kan mens beswaarlik beleggings verwag as 'n voorsitter die risiko loop om tronk toe te gaan vir wat ook 'n onskuldige fout kan wees.
“Die werklike bekommernis is dat die nuwe wetgewing moontlik 'n werkgewer twee keer kan laat dink om 'n pensioenfonds aan hul werknemers te bied en dit sal 'n vernietigende maatskaplike impak op hierdie werknemers hê.”
“Ervaring het ons gewys dat heeltemal te min werknemers pogings aanwend om tot 'n pensioenfonds by te dra as hulle so 'n besluit op hul eie moet neem.”
“As hulle nie deur hul werkgewer verplig word om by te dra tot 'n pensioenfonds nie, sal hulle uiteindelik die regering se probleem word, soortgelyk aan die werkloses. Dit sal 'n verdere las op belastingbetalers plaas.”
EFFEK OP BUITELANDSE BELEGGERS
Die NEF is van mening sekere aspekte moet in gedagte gehou word met die oog op moontlike veranderinge van Fima deur middel van meer gunstige regulasies om ten minste die gevolge daarvan te versag.
“Werknemers word gekonfronteer met 'n situasie waar minder werksgeleenthede toekomstige aftreebehoeftes dek, die waarskynlikheid van die algehele sluiting van ondernemings wat tans sonder pensioenskemas dit vir hul werknemers skep en die moontlikheid dat werkgewers bestaande pensioenfondse beëindig.”
“Hou ook in gedagte nie net die verdere dempende effek wat dit op nuwe buitelandse beleggers kan hê nie, maar ook op nuwe entrepreneuriese aktiwiteit in die algemeen, asook die bykomende ekonomiese malaise wat die land in die gesig staar.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie