Staking by sementaanleg uitgestel tot vandag
Die maatskappy wat die Cheetah-sementaanleg naby Otjiwarongo besit, Whale Rock Cement, het die Dinsdag daarin geslaag om ’n beplande staking tot vandag uit te stel.
Die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) se takvoorsitter, mnr. Naftal Nghipitwako, het dit bevestig.
Ten spyte van verskeie vergaderings kon die partye nie tot ’n vergelyk kom nie en die arbeidskommissaris het ’n sertifikaat uitgereik wat aandui dat die geskil onopgelos is.
Voor die staking Dinsdag kon afskop het Whale Rock Cement se betuur in ’n verklaring gesê die vakbond het versuim om ingevolge artikel 74 van die Arbeidswet op te tree. Die vakbond het nie vroegtydig kennis aan die maatskappy gegee oor die beplande staking nie.
Verder het die bestuur in ’n verklaring gesê indien die staking sou voortgaan, werknemers nie vir die duur van die staking betaal sal word nie; geen verlofdae sou in hierdie tyd opgehoop word nie; dat stakende werknemers nie geregtig was om van maatskappyvervoer gebruik te maak nie; en dat stakende werknemers nie op etes geregtig was nie.
Nghipitwako het gesê die staking word na vandag geskuif.
“Dis weens die werkgewer se aantygings dat ons nie vroegtydig kennis gegee het van ons nywerheidsoptrede nie ... [ten spyte daarvan dat] al die relevante dokumentasie op 18 Julie ingehandig is.
“Donderdag sal al die werknemers van Cheetah Cement en diegene wat deur die derde party APS gehuur is, hul gereedskap neerlê,” het Nghipitwako gesê.
In ’n aparte verklaring wat op 18 Julie uitgereik is, het Whale Rock se bestuur alle werknemers in kennis gestel dat die direksie die besluit geneem het om die arbeidsmag by Cheetah Cement te verminder.
Die rede hiervoor is na bewering tweeledig: Eerstens weens die ekonomiese omstandighede sedert die aanvang van bedrywighede; en tweedens as gevolg van dié ekonomiese omstandighede het die maatskappy besluit om die werknemers te herstruktureer om hulle meer doeltreffend aan te wend.
Nghipitwako sê egter die dreigement is bloot ’n taktiek om tyd te wen.
“Ons word nie deur sulke dreigemente geraak nie,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie