Verskeie voordele van vierdagwerksweek
Loodsprojek eerste in Afrika en ’n ontwikkelende land
Voordele het ingesluit verhoogde inkomste, verbeterde produktiwiteit en 'n afname in bedankings en afwesigheid.
In ’n eerste vir Afrika en ’n ontwikkelende land het ’n loodsprojek oor die voordele van ’n vierdagwerksweek verbeterde produktiwiteit, ’n positiewe uitwerking op werwing, sowel as ’n afname in bedankings en afwesigheid getoon.
Die bevindinge wat voordele vir beide werknemers en werkgewers toon, volg ná ’n loodsprojek in Suid-Afrika waaraan 26 maatskappye oor ’n toetstydperk van ses maande deelgeneem het en wat in Maart vanjaar afgeskop het. Die toetsprojek is deur 4 Day Week Global in vennootskap met 4 Day Week South Africa NPC, sowel as navorsers verbonde aan Boston College en die Stellenbosse sakeskool, aangebied. Namibiese maatskappye kan ook aan die volgende projek deelneem wat in Maart aanstaande weer in die buurland aangebied word.
Maatskappye het hul ervaring ’n indrukwekkende agt uit 10 gegee, met 92% wat beslis beoog om of voort te gaan of om die vierdagwerksweek voort te sit, sê Karen Lowe, 4 Day Week South Africa se globale hoof van vennootskappe. Volgens haar het maatskappye ’n reeks sakevoordele aangemeld wat wissel van verhoogde inkomste, verbeterde produktiwiteit, ’n positiewe impak op werwing, asook ’n afname in bedankings en afwesigheid. Werknemers heg ook soveel waarde aan die vrye tyd wat hulle kry dat 51% sê hulle gaan ’n 21% tot 50% salarisverhoging nodig hê om na ’n vyfdagwerksweek by hul volgende werk terug te keer. Sowat 13% sê geen hoeveelheid geld gaan hulle oortuig om na ’n werksweek van vyf dae terug te keer nie.
“Werknemers het ’n verbetering in hul algehele welstand ervaar wat insluit ’n afname in stresvlakke, uitbranding, moegheid, swak slaappatrone en angs en ’n positiewe hupstoot in geestesgesondheid en die balans tussen werk en gesinstyd, sowel as ’n toename in hoe gereeld hulle oefen.
“Selfgegradeerde produktiwiteit het na vore gekom as die belangrikste verandering – met byna die helfte van werknemers wat ’n toename in produktiwiteit tydens die proeftydperk aangemeld het,” sê sy.
Deelnemers aan die projek het hul manier van sake doen beduidend verander. Dit sluit in meer gestruktureerde fokustydperke deur die dag, die vermindering van die duur en gereeldheid van vergaderings, die verhoogde gebruik van tegnologie en outomatisering, verbeterde kommunikasie, delegering en outonomie van werknemers.
Maatskappye wat deelgeneem het, was ook innoverend in hul benadering om werkstyd te verminder. Dit sluit in werknemers wat instem om te werk op die dag of tyd wat die beste aan hul individuele behoeftes voldoen, terwyl dit steeds ook aan die besigheid se vereistes voldoen. Hoewel dit steeds korter is as die teiken van agt ure per week, het 64% van die deelnemers ’n afname in werkstyd aangemeld, en 57% ’n afname in die aantal dae wat hulle weekliks gewerk het. Wat uniek is in die Suid-Afrikaanse konteks, sê Lowe, is die voordeel van meer aftyd in ’n land waar die versorging van verskillende generasies hoog is, administratiewe verantwoordelikhede vereis dat bestuurslisensies in persoon hernu moet word, swak openbare vervoer en verkeersopeenhopings wat daagliks uitdagings bied, asook ’n groot aantal mense wat buite hul werkstyd ’n ekstra inkomste probeer genereer. Prof. Mark Smith van die Stellenbosse sakeskool wat die Suid-Afrikaanse navorsing gelei het, sê die vierdagweek bied die skaars kombinasie van voordele vir beide werknemers en werkgewers deur verbeterde welstand, produktiwiteit en organisasie.
“Dit is opwindend om te sien die Suid-Afrikaanse uitslae wys soortgelyke voordele as dié wat ons in die res van die wêreld sien, terwyl dit ook unieke aspekte het wat ons entoesiasties maak oor die potensiaal vir toekomstige deelnemers en die breër ekonomie.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie