Wagte kry minimumloon, sê sekuriteitsvereniging
SAN skaar hom by NPS ná protesoptrede
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië bevraagteken die tenderpraktyke van die Sentrale Verkrygingsraad.
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN) het Dinsdag ’n verklaring in reaksie op ’n protesoptrede wat Maandag gehou is oor sekuriteitswagte se besoldiging en werksomstandighede by sy lidmaatskappy Namibia Protection Services (NPS) uitgereik.
NPS behoort aan Kalahari Holdings, die beleggingsarm van die regerende party.
SAN sê NPS is ’n betroubare sekuriteitsmaatskappy wat voldoen aan Namibië se arbeidswette en die nasionale minimumloon wat van toepassing is op die sekuriteitsbedryf.
Volgens SAN se president, mnr. Dawid Nuuyoma, was die staking by NPS onwettig en hy verwerp die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) se ekonomiese kommissaris, mnr. Michael Amushelelo, se opstokery onder die betrokke wagte.
Nuuyoma dring daarop aan die NEFF het geen reg om in te meng nie, en dat die party nie die wagte verteenwoordig nie.
SAN is voortdurend in gesprek met die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping en die Namibiese Lonekommissie oor die kwessie van lae besoldiging wat wagte in Namibië ontvang, sê Nuuyoma. Hy voeg ook by dat die vereniging op terugvoering van die ministerie wag oor die jongste onderhandelinge om die minimumloon aan te pas.
SAN pleit ook by die ministerie om by verskeie landswye nywerheidsoptredes in te gryp.
Opstokers moet vasgevat word, aangesien die trant van hul boodskappe tot anargie en onluste in die land kan lei, sê hy.
“Soos die SAN nie die oortreding van die minimumloon vir sekuriteitswagte en -beamptes goedkeur nie, vind ons dit terselfdertyd moelik om die optrede van ’n politieke party wat amptelike prosedures en wette van die land minag, te verstaan,” sê Nuuyoma.
Hy vra die arbeidsministerie, die Verkiesingkommissie van Namibië (ECN) en beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad of dit reg is dat die NEFF die sekuriteitsbedryf so deurmekaar krap.
Verder het SAN ’n probleem met die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) wat volgens Nuuyoma doelbewis tenders vir groot sekuriteitskontrakte só op stel dat maatskappye wat meer as N$11 per uur vir wagdienste wil vra, nie kwalifiseer nie. Dit terwyl die minimumloon vir wagte met meer as ’n jaar se ondervinding reeds N$10 per uur verdien.
“Dit dra ook tot arbeidsonrus en geskille rakende die betaling van sekuriteitswagte se minimum- uurlikse loon by. Hierdie praktyk van die CPBN laat toe dat die nienakoming van die standaard minimumloon van N$8,75 per uur en N$10 per uur vir wagte met meer as 12 maande diensondervinding, regverdig word,” sê hy.
“Die voortdurende praktyk van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het tot ’n negatiewe ekonomiese impak gelei in terme van die toekenning van kontrakte aan gevestigde maatskappye en het mededingenheid in gedrang gebring, omdat daar nie finansieel vatbare tenderstandaarde toegepas word nie,” sê hy.
Vrae wat aan die CPBN gestuur is, was teen druktyd nog nie beantwoord nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie