Wagte se minimum loon nie ten volle toegepas
Die Namibia Security Labour Forum (NSLF) sê die minister van arbeid, werkskepping en nywerheidsbetrekkinge, Utoni Nujoma, het sy aansoek om die vrystelling van die volle toepassing van die nuwe nasionale minimum loon goedgekeur.
Die forum verenig vakbonde en werkgewers in die sekuriteitsbedryf in Namibië.
Raadslid en tesourier van die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN), Onesmus Hanhapo, het uitgebrei dat die vergoeding wat wagte vanaf 1 Januarie 2025 kry nou N$13,50 per uur is, en volgende jaar tot N$16 per uur sal styg. Met die aanpassing sal wagte in 2027 die amptelike minimum loon van N$18 per uur verdien.
Voorheen was die minimum loon vir sekuriteitswagte N$10 per uur. Behalwe vir huis- en plaaswerkers, moet alle ander Namibiese werkers nou ten minste N$18 per uur verdien.
“Hierdie gefaseerde benadering weerspieël die regering se verbintenis om die belange van werkers te balanseer, wat billike vergoeding verdien vir hul onskatbare bydraes tot nasionale veiligheid en sekuriteit, en werkgewers, wat die besigheid se volhoubaarheid moet handhaaf om moontlike werkverliese vir meer as 5 000 sekuriteitsposte te voorkom. ” het Hanhapo gesê.
“Ons glo dit is ’n stap in die regte rigting,” sê hy.
Kenners skat dat 330 sekuriteitsmaatskappye wat in Namibië werksaam is ’n konserwatiewe syfer is, en dat die aantal werknemers maklik nader aan 7 000 kan wees.
Die NSLF maak staat op ’n brief gedateer 18 Desember 2024 van Nujoma, waarin hy sê dat artikel 5 van die loonbevel vervat in Staatskoerant no. 8409 van 7 Augustus 2024 aangepas word; “deur ’n subartikel by te voeg wat voorsiening maak vir die infasering van ’n minimum loon vir alle sekuriteitswagte in die sekuriteitsbedryf, tesame met ’n verklaring vir sekuriteitswerkers in artikel 1.
Hoewel dit ’n paar weke kan neem om die gewysigde loonbevel in die Staatskoerant te publiseer, sal die aanpassing vanaf 1 Januarie 2025 van krag wees,” lui die brief.
EENHEID SEëVIER
’n Raadslid van die NSLF, Fanie Horn, sê Namibia Protection Services, waar hy uitvoerende hoof is, het reeds sy werknemers se salarisse aangepas.
Die nasionale koördineerder vir die Namibiese Unie vir Vervoer en Verwante Werkers (Natau), Helvi Hamukoshi, sê die minimumloonkwessie is “deel van die NSLF se verstandhouding” en dat die forum sal saamwerk om nakoming van die loonbevel af te dwing.
“Ons sal saam maatskappye aanvat wat nie daaraan voldoen nie, en daar sal geweldige gevolge wees,” sê die vakbondleier.
Simon Kandondo, die algemene sekretaris van die Namibia Independent Security Union (Nisu) herinner vakbondlede daaraan dat die sekerheid van poste uiters belangrik bly.
Hy sê kliënte weier om meer te betaal en dreig maatskappye wat poste sny om koste te besnoei.
“Van die kliënte stel dan self daardie afgedankte wagte aan, vir nog minder,” sê hy.
Andreas Hausiku van die Staatsdiensunie van Namibië (PSUN) vra dat werkgewers die loonbevel so gou as moontlik handhaaf.
“Ons is nou ’n span,” sê hy en raai vakbondlede aan om maatskappye aan te meld wat versuim om aan die loonbevel te voldoen.
“Die bedryf het regulering nodig en die NSLF bevorder en vra die regering om die vertraagde wetsontwerp op die veiligheidsbedryf te bespoedig,” sê hy.
NEF-FASERING VERWERP
Die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF) het egter Donderdagoggend aangekondig dat die ministerie sy aansoek om ’n soortgelyke infasering van die loonbevel van die hand gewys het.
NEF se voorstel het ook gevra vir bedryfspesifieke impakontleding en voorbereiding in 2025, die toepassing vir gematigde sektore in 2026, en die finale nakoming vir kwesbare sektore teen 2027.
“NEF se versoek vir ’n gefaseerde benadering het nie gegaan oor die teenstand van billike lone vir werkers nie, maar oor die versekering van ’n gladde oorgang wat lewensbestaan en ekonomiese stabiliteit beskerm,’ het NEF se president, Elias Shikongo, gesê.
“Besluite van hierdie omvang moet werkerswelstand met ekonomiese werklikhede balanseer, veral in ’n land met so ’n hoë werkloosheidsyfer.”
Hy waarsku: “Oormatige implementering kan die werkers benadeel, wie die beleid ten doel het om te beskerm, en ekonomiese onstabiliteit skep, wat ons almal raak.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie