Werke in konstruksie in die gedrang
'Regering sal aanspreeklik gehou word'
Die regering moet padkontrakteurs steeds sowat N$100 miljoen betaal vir werk wat op die Windhoek-Okahandja-dubbelweg gedoen is.
Sowat 100 konstruksiewerkers kan hul werk verloor tensy die regering sy belofte nakom om teen môre N$100 miljoen te betaal vir werk aan die Windhoek-Okahandja-dubbelweg.
Die uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), mnr. Conrad Lutombi, het die uitstaande bedrag bevestig, maar het daarop gewys dat slegs sowat N$73 miljoen aan die kontrakteurs verskuldig is.
“Ons was bewus van die situasie en was in kontak met mevrou Justina Jonas van Metal and Allied Namibian Workers Union (Manwu) en ook met die ministeries van werke en finansies en ek kan bevestig ... dat hulle besig is om die faktuur te verwerk.
“Ons hoop om dit teen Vrydag of vroeg volgende week te kan afhandel. Intussen is ons in gesprek met CMC en Otesa Civil Engineering om geduldig te wees en om nie die werkers huis toe te stuur nie," het Lubombi gesê.
'REGERING SAL AANSPREEKLIK GEHOU WORD'
Manwu het gewaarsku dat die regering aanspreeklik gehou sal word vir enige verlies aan werksgeleenthede en het glo die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, ingelig dat hulle sy voor sy kantoor sal kom betoog indien die betalings nie gemaak word nie.
“Agbare Iipumbu Shiimi, die feit dat jy twee weke terug ons oproep ignorering het, asook verskeie ander oproepe wat ons na jou kantoor gemaak het, het ons gedwing om 'n besluit te neem om na jou kantoor te kom, aangesien jy besluit het om so eerbaar te wees en die konstruksiewerkers se versoek te ignoreer.
"Sedert jou aanstelling as minister van finansies het jy dit jou prioriteit gemaak om die werkersklas, veral die konstruksiesektor uit te honger. Neem asseblief kennis dat die konstruksiewerkers wat aangestel is om die padprojek tussen Okahandja en Windhoek moontlik hul werk kan verloor as gevolg van jou swak leierskap.
“As dit gebeur, sal ons jou aanspreeklik hou,” lui die verklaring van Manwu.
BETALINGSPROSES GLO IN 'N GEVORDERDE STADIUM
Me. Justina Jonas, hoofsekretaris van Manwu, het bevestig dat samesprekings Dinsdag plaasgevind het en het bygevoeg dat betalings vir sowat vyf maande steeds uitstaande is.
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het gesê hy was tot hierdie week onbewus van die situasie. Hy was deur Shiimi gebel en in kennis gestel dat daar 'n vertraging in papierwerk is.
Hy het vrae na sy waarnemende uitvoerende direkteur, me. Joyce Mukopi, verwys wat bevestig het dat betalings verwerk word.
“Die ministerie van werke en vervoer is in die proses om betalings aan 'n aantal kontrakteurs te maak, tot dusver is die betalingsproses in 'n gevorderde stadium. Fakture word betaal op grond van beskikbaarheid van fondse,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie