YSS wagte kry hul salarisse
Meer as 1 000 sekuriteitswagte van Youth Security Services (YSS) het Woensdagoggend hul salarisse vir Desember ontvang.
Dit volgens dié maatskappy se woordvoerder, Belinda Hamburee.
Dit volg nadat ontevrede wagte Dinsdag die nasionale jeugdiens (NYS), wat die sekuriteitsmaatskappy besit, se ingang na sy hoofkantoor vir ure lank geblokkeer het.
Hulle kon eers na 17:00 – onder toesig van die polisie – ’n klagskrif aan NYS se hoof van finansies, Michael Mbamba, oorhandig.
Volgens Hamburee moes YSS se 1 063 wagte op 15 Januarie 2023 hul salarisse vir Desember ontvang het, maar weens YSS se kliënte – wat verskeie staat- en privaat instansies insluit – wat wanbetaal het, was daar net genoeg geld om 60% van die uitstaande salarisse te dek.
Sy sê NYS was bewus van die kwessie en het reeds op 12 Januarie met die wagte se vakbond daaroor gekommunikeer. Die werknemers het egter op hul volle salarisse aangedring, wat teen gisteroggend [Woensdag] om tienuur betaal is, sê sy.
In hul klagskrif beweer die jong wagte egter dat hierdie nie ’n eenmalige gebeurtenis is nie, en dring daarop aan dat die regering onder meer YSS likwideer, en self die verantwoordelikheid vir sekuriteitsdienste oorneem.
Die wagte eis ook dat ’n kollega – wat glo onregverdig afgedank is – binne 24 uur heraangestel word.
Verder eis hulle ook dat hul salarisse verhoog word ingevolge die minimum salarisse wat op sekuriteitswagte van toepassing is, en wat in die Staatskoerant gepubliseer is.
Die wagte dring ook aan dat elke wag teen 10 Februarie N$10 per uur moet verdien.
Ander eise wat in die klagskrif vervat is, sluit in dat wagte dieselfde voordele as ander NYS-lede geniet; hulle op die tiende van elke maand – eerder as die vyftiende – betaal word; en dat bestuurders, toesighouers en motorbestuurders op dieselfde dag betaal word.
Hulle vra ook dat die bestuurder van YSS nie ’n lid van die NYS moet wees nie.
Volgens Hamburee is die YSS-bestuurder vanaf die NYS gesekondeer, omdat daar nie geld is om iemand anders aan te stel nie. Die regering het reeds vroeër die NYS-bestuur se salarisse betaal, in teenstelling met die wagte wat deur YSS betaal word, brei sy uit.
Sy sê ook dat salarisse nie gereeld laat betaal word nie, alhoewel dit wel verlede jaar in Oktober die geval was.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie