Bank Windhoek vier 40 jaar in teaterstuk

Iréne-Mari van der Walt
Bank Windhoek se 40ste verjaardagvieringe is in pas met dié bank se toewyding tot die kunste in Namibië.

Die teaterstuk 40 Years of Bank Windhoek is moontlik gemaak deur die samewerking tussen 10 plaaslike akteurs en insette van die bekroonde regisseur Mikiros Garoes.

“Ons vier die geleentheid al ’n jaar lank saam met ons werknemers en kliënte en ons is so trots om hierdie mylpaal se vieringe te kon afsluit met ons eie plaaslike produksie,” het Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasie, Jacqueline Pack, gesê.

Die hoof van strategiese kommunikasie, Hayley Allen, het by die geleentheid gesê: “Toe ons gedink het om ’n produksie te doen, wou ons elke dekade in konteks sit en wys hoe Bank Windhoek gegroei het,” het sy gesê.

“Daar is nie ’n beter manier om Bank Windhoek se volgende dekade te vier as om dit deur die lens van onafhanklikwording te onthou nie. Dit val saam met die jaar wat die bank vastrap plek in die mark gekry het toe dit met Boland Bank en Trustbank saamgesmelt het,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!