Die Mededingingskommissie sê banke werk onwettig saam om transaksiekoste vir bankkaarte vas te stel.
Foto PAN
Die Mededingingskommissie sê banke werk onwettig saam om transaksiekoste vir bankkaarte vas te stel. Foto PAN

Banke sweer saam oor fooie

Augetto Graig
Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) het bevind handelsbanke in Namibië sweer saam om fooie vir transaksies met krediet- en debietkaarte te manipuleer.

Die NaCC sê die ooreenkoms wat die Betalingsvereniging in Namibië (PAN) met die banke aangegaan het om fooie vir krediet- en debietkaart vas te stel, is ’n oortreding van bepalings 23(1) en 23(2)(a) van die Mededingingswet no. 2 van 2003.

Volgens die kommissie het die banke almal ’n skedule vir kaartfooie aanvaar en transaksiekoste vir aankope op debiet- en kredietkaarte van minstens 2014 tot 2020 vasgestel.

In 'n verklaring sê die NaCC dat onderhandelinge oor die transaksiefooie volgens die ooreenkoms nie toelaatbaar was nie en neerkom op die vasstelling van pryse, wat teen die wet is.

FNB, Standard Bank, Nedbank, Bank Windhoek, Atlantic, Bank BIC, Letshego Bank, Trustco Bank, Nampost Savings Bank en selfs die Bank of Namibia (BoN) het volgens die NaCC hulself skuldig hieraan gemaak.

Die kommissie eis dat dié optrede gestaak word en stel ’n boete voor van tot 10% van oortreders se omset.

Handelsbanke en PAN is 30 dae van Vrydag af gegee om voorleggings of mondelinge bewyse ter versagting by die NaCC in te dien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!