Bankiers oop om te praat oor sakelenings
Net N$6,4 miljoen van N$500 miljoen versprei
Die regering en Namibiese bankwese verslap kriteria om finansiering vir sakeredding te vergemaklik
Die regering se ingrypende reddingsboei vir besighede van twee jaar gelede, toe die Covid-pandemie die ekonomie lamgelê het, is gister by die Bank van Namibië (BoN) weer bekendgestel.
Omdat net N$6,4 miljoen uit die N$500 miljoen wat die regering destyds vir kleinsakelenings gewaarborg het, in lenings toegestaan is, is verklaar dat bankiers meer toeskietlik behoort te wees om die kleinsakesektor te stimuleer.
By die geleentheid het die sakevrou Amelia Schmidt namens die sakegemeenskap die situasie op grondvlak aan die hoogste leiersfigure in die Namibiese bankwese uitgestippel.
“Ons is nog nie deur die storm nie. Dit gaan nie oukei nie. Dis nie besigheid soos gewoonweg nie. Ons worstel steeds om ons maandelikse verpligtinge na te kom. Ons dank steeds werknemers af. Ons benodig steeds hulp,” sê sy.
Sy sê dis vandag nóg moeiliker om as ’n klein besigheid in Namibië te oorleef, maar kleinsake-eienaars voel steeds hulle word nie gehoor nie, sê sy. Die finansiële en ekonomiese nagevolge van Covid word vererger deur die verminderde koopkrag van gemeenskappe wat boonop deur werkloosheid lamgelê word.
“Klein besighede wat werk moet skep, moet noodgedwonge toemaak. Statistiek by die Owerheid vir Besigheids- en Intellektuele Eiendom (Bipa) dui op reuseverliese in die getalle klein besighede,” sê sy.
Besighede kan nie byhou nie en elke versuim om ’n rekening op datum te hou, veroorsaak moeiliker toegang tot krediet by handelsbanke.
“As jy een keer met ’n paaiement laat glip, belemmer dit jou toegang tot krediet vir nog ses maande,” brei sy uit.
BANKIERS SE REAKSIE
Volgens Schmidt is die kriteria wat toegepas was vir goedkeuring tot die regering gewaarborgde lenings te streng.
Hierdie kriteria word nou verslap.
Volgens die verteenwoordiger van die Bankiersvereniging van Namibië (BAN), Brian Katjaerua, is die leningskema herontwerp en die toepassing daarvan aangepas.
“Ons hoor julle,” het hy aan kleinsake-eienaars gesê. Hy erken sekere uitdagings het toegang tot die staatsgewaarborgde lenings belemmer. “Nou is ons meer tegemoetkomend teenoor klein besighede.
“Die wêreld staar ernstige onsekerheid in die gesig. Ons is deur twee groot resessies, een in 2008 en weer in 2020, met min kans sedertdien op herstel. Baie voorspel nou nog ’n resessie in 2023 of kort daarna.”
Uitdagings bring ook geleenthede, sê hy, en klein besighede se rol is belangrik om goedere, dienste en werksgeleenthede te skep. “Hiervoor benodig hulle toegang tot kapitaal. Dis belangrik dat ons almal ons benadering verander.”
WAARDEVOLLE SEKTOR
Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, sê die leningskema is herdoop tot SME Ekonomiese Herstel Leningskema, omdat ’n herstel en ’n inisiatief vir oorbegin nou nodig is.
Herlewing van die ekonomie, om Namibiërs weer aan die werk te sit en om groei te volhou, is die doel.
Sowat 71 000 klein- en mikrobesighede in Namibië verskaf werk aan sowat 160 000 werknemers, of sowat ’n derde van almal wat in die land werk, sê hy.
Verder dra kleinbesighede tot 12% aan die land se BBP by – ten spyte daarvan dat 40% van kleinbesighede toegang tot finansiering as ’n groot probleem uitlig.
Beleidsontwerpers is bewus, sê !Gawachab, en dis hoekom terugbetaling van banklenings gedurende die pandemie tydelik opgeskort was, ten koste van sowat N$1 miljard. Ongelukkig was toegang tot finansiering belemmer. Daarom is met die Namibiese Inkomsteagentskap (NamRA) ooreengekom om selfs vir besighede wat nog belasting skuld, toe te laat om die lenings te kan kry, sê hy.
Kriteria is verslap en die rentekoers vir die lenings is verlaag tot 50 basispunte minder as die prima uitleenkoers, sê hy.
Handelsbanke sal ook meer bewusmaking van die lenings doen.
Die adjunkminister van finansies, Maureen Hinda-Mbuende, het amptelik die bekendstelling van die kleinsakelenings gedoen en gesê: “Dis in ons almal se belang om van hierdie heraankondiging ’n sukses te maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie