BoN vra vir insette oor bouverenigings
Finansiering vir laekostebehuising
Die Namibiese sentrale bank wil regulasies van die bouverenigingswet aanpas om vandag se werklikhede te weerspieël.
Namibië het laas in 2002, voor die samesmelting van Swabou en FNB Namibia, ’n registreerde en werkende bouvereniging gehad.
Die Bank of Namibia (BoN) het nou insette gevra oor aanpassings van die regulasies wat onder die Bouverenigingswet nommer 2 van 1986 toegepas word.
BoN reguleer bouverenigings ingevolge dié wet.
Die wet sê ook dat ’n bouvereniging ’n groep mense behels wat saam geld invorder deur onder meer aandele te verkoop, deposito’s te neem en lidmaatskapheffings; om huise te bou, te koop of te verbeter; en om sekuriteit vir huisverbande te bied.
Volgens BoN is daar tans geen bouvereniging geregistreer of werksaam in die Namibiese mark nie.
Die sentrale bank beplan om volgende jaar dié verouderde wet te wysig, maar intussen wil die BoN die betrokke algemene regulasies opdateer om vandag se realiteite te weerspieël. Dit volgens ’n verklaring wat BoN Woensdag uitgereik het.
BoN het ook voorstelle vir die aanpassing van die regulasies gedeel. Die voorstelle sluit onder meer in om ’n aansoekheffing van N$17 500 te betaal om ’n bouvereniging te laat registreer; die registrateur die mag het om ’n aansoek af te keur, solank hy of sy geldige redes daarvoor verskaf; en lidmaatskap van enige bouvereniging by die deposito-waarborgskema, waaraan premiebetalings van tyd tot tyd gemaak moet word.
Swabou was gemagtig om lenings aan sy lede vir verbande te gee, en het volgens BON ’n beduidende rol in die toeganklikheid van verbandlenings vir die doel van die verkryging van huise in Namibië gespeel.
“Sedert Swabou die mark verlaat het, is die rol van die uitreiking van verbandlenings deur ander instellings soos banke oorgeneem,” sê BoN.
Mnr. Heinrich Schroeder, stigter van die African Building Society, verwerp egter die sentrale bank se voorstelle wat volgens hom steeds op die apartheidsera-wetgewing gebaseer is.
Schroeder het reeds op 15 Januarie 2019 sy niewinsgewende organisasie ingevolge artikel 21 van die maatskappywet by die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) geregistreer.
Hy was ook die stigter van die Kavango Block Brick-boustelsel wat in 2011 ’n lening by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) gekry het om ’n masjien te koop om sy unieke boustene mee te vervaardig.
DBN het in 2020 die balju gestuur om beslag op dié prototipemasjien te lê nadat dié laekostebehuisingsinitiatief teenstand ondervind het en nie die lening kon terugbetaal nie.
Schroeder glo egter steeds in sy meesterplan om huise teen ’n tiende van kommersiële pryse beskikbaar te stel.
Hy het onlangs ’n boek, Why, gepubliseer wat sy oplossing tot bekostigbare behuising uiteensit. Hy doen ’n beroep op buitelandse finansiering om sy stelsel plaaslik te kan implementeer, en beplan om sy boek in New York bekend te stel.
Plaaslik sê BoN dat kommersiële banke en bouverenigings in die Namibiese mark saam kan funksioneer.
“Daar is talle mense in ons samelewing wat nie toegang tot behuising het nie, veral lae-inkomsteverdieners.
“Daar is dus genoeg plek vir beide banke en bouverenigings in die huismark. Die behoefte bestaan vir dié leningsinstellings om te verseker dat almal toegang tot finansiering het om skuiling te bekom, wat ’n basiese mensereg is,” volgens mnr. Kazembire Zemburuka, strategiese kommunikasie en internasionale verhoudingsdirekteur by BoN.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie