N$25 000 terug van N$120 miljoen-belegging
SME Bank verdwyn met SCC-miljoene
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het as skuldeiser 'n skamele N$25 000 ontvang nadat die SME Bank gelikwideer is.
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) kon daarin slaag om slegs N$25 000 van sy N$120 miljoen-belegging in die SME bank terug te kry.
Die SCC het N$120 miljoen belê in die mislukte SME Bank, wat in 2017 deur die Bank of Namibia (BoN) onder kuratorskap geplaas is nadat die bank twyfelagtige beleggings van sowat N$200 miljoen gemaak het.
“Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het ‘n vaste termyn-belegging van N$120 miljoen in die SME Bank gemaak. Die SME Bank kon nie daarin slaag om die geld terug te betaal nadat die beleggingstermyn tot ‘n einde gekom het nie en is daarna gelikwideer,” word in die SCC se 2020-jaarverslag gesê.
“Die kommissie het ‘n terugbetaling van N$25 000 ontvang vanaf die SME Bank se likwidateurs op 31 Januarie, as ‘n gedeeltelike terugbetaling van sy belegging,” is bygevoeg.
Regter Collins Parker het bevind dat N$247 miljoen van die SME Bank gesteel is deur die adjunk-voorsitter, Enoch Kamushinda, deur middel van twee maatskappye wat hy besit het.
Die uitspraak het Kamushinda en die SME Bank se twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers ‘n swaar slag toegedien. Parker het boonop gelas dat Kamushinda vir die SME Bank se verpligtinge verantwoordelik gemaak word.
Boonop het Parker gelas dat Kamushinda, dy maatskappy World Eagle Properties en Metbank verantwoordelik is vir ‘n betaling van N$1,02 miljard aan die likwidateurs van die SME Bank.
Die SSC kon destyds ook net N$9 miljoen terugkry van sy mislukte belegging in Avid Investment van N$30 miljoen.
“Die bedrag wat teruggekry is deur die likwidasieproses, was net N$9,8 miljoen. Tussen 2005 en 2011 het die SCC regskoste van N$4,6 miljoen aangegaan om die N$30 miljoen te probeer verhaal. ‘n Bedrag van N$20 miljoen is dus uitstaande,” het die SCC gesê. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie