ON A ROLL: NamRA CEO Sam Shivute. Photo: Contributed
ON A ROLL: NamRA CEO Sam Shivute. Photo: Contributed

NamRA se finansiële hoë van sekere pligte gestroop

Jemima Beukes
Die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) het besluit om sy finansiële en korporatiewe sake-portefeulje in twee te verdeel wat sy finansiële hoof, Haitenge Nelumbu, van sy finansiële pligte gestroop het.

Hy sal nou slegs verantwoordelik vir korporatiewe sake wees.

In ’n interne memorandum wat op 18 April uitgestuur is, het NamRA se kommissaris, Sam Shivute, werknemers ingelig dat die finansiële en korporatiewe funksies nou herbelyn gaan word en dat die twee sake-eenhede afsonderlik sal funksioneer.

Die verkrygingsafdeling sal nou bates en fasiliteite aan hoofkorporatiewe dienste rapporteer, terwyl die finansiële bestuursfunksie – insluitend finansiële beheer en inkomste – sal rapporteer aan die hoof- finansiële beampte wat nog gewerf moet word.

Hierdie verandering kan as ’n terugslag vir Nelumbu – wat voorheen as bestuurder vir bestuursrekeningkunde en begroting by die Ontwikkelingsbank van Namibië gedien het – se loopbaan beskou word.

Nelumbu het egter enige bewerings dat die verandering doelbewus gebring is om hom na ’n laer posisie te skuif, ontken.

“Daar is niks buitengewoon aan die besluit om die pligte te verdeel nie.”

Volgens bronne was die leierskap by NamRA ontevrede met die wyse waarop Nelumbu die inkomstediens se geldsake behartig het. Daar is ook eise van laat indiening van finansiële state en verslae, wat die voltooiing van die jaarlikse begroting glo vertraag het.

Op die vraag waarom NamRA besluit het om die funksies te verdeel, het Shivute geantwoord: “NamRA groei by die dag en dit vereis ingrypings.

“Die eenheid vir korporatiewe dienste hanteer verkrygings, asook bates en fasiliteite. Ons bates en fasiliteite is landswyd en daardie funksie vereis toegewyde bestuur.

“Wat die finansiële funksies betref, het ons jaarlikse begrotingstoekenning van N$400 miljoen tot meer as ’n miljard dié finansiële jaar gegroei – ’n aanduiding van die aktiwiteite en die vlak van bestuur wat in daardie gebied vereis word,” het hy gesê.

Volgens Shivute het Nelumbu ingestem tot die skuif.

“Ons het besluit om die funksies vir finansiële en korporatiewe dienste te skei, weens die behoefte om meer doeltreffend in daardie gebiede te wees. Ná interne konsultasies het [Nelumbu] aanvaar om as die beampte vir hoof- korporatiewe dienste te dien en ons het die posisie vir hoof- finansiële beampte geadverteer,” het hy verduidelik.

Nelumbu is ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester en beskik oor verskeie rekeningkundige kwalifikasies. Hy het 14 jaar se ondervinding in bankwese en is ’n genoot van die Vereniging van Geoktrooieerde Gesertifiseerde Rekenmeesters.

Ná die verdeling van die funksies, is Nadine du Preez as waarnemende finansiële hoof aangestel.

Volgens Shivute het die organisasie reeds begin met voorbereidings vir die werwing van die posisie vir finansiële beampte, maar sal intussen tussentydse reëlings tref.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!