Nuwe reëls vir banke wat huise terugneem
Sentrale bank gryp in
Handelsbanke wat onbeperkte mag geniet het om wanbetalers se huise terug te neem, se vlerke kan dalk geknip word.
Nuusredaksie – As die regering nuwe regulasies deurvoer, sal handelsbanke wat huise van hul wanbetalers wil terugneem, gedwing word om hierdie eiendomme teen die werklike markwaarde te verkoop.
Dit om sodoende die skuldlas op die eienaars te verlig.
Nog ’n faktor wat verpligtend oorweeg moet word, is huisekwiteit, wat verwys na hoeveel van ’n huis se waarde ’n eienaar beheer, in vergelyking met dit wat die lener van die verbandlening beheer.
Dit beteken enige afbetaling wat die eienaar maak en enige waardasieproses van die huis moet oorweeg word om die waarde van die werklike verskuldigde bedrag af te bring.
Die Bank of Namibia (BoN) en die ministerie van justisie doen alles in hulle vermoë om die wisselvallige wyse waarop kommersiële banke tans huise terugneem, stop te sit.
Die nuwe wette moet ook deursigtigheid bewerkstellig in die proses om dié huise op te veil midde wydverspreide bewerings dat sulke prosesse deur ’n gekonkel tydens die bodprosesse ontsier word.
RADIKALE INGRYPINGS
Die BoN poog nie om terugnemings te stop nie, maar wil wel die onbeperkte mag uitskakel wat banke het – asook die totale isolasie van wanbetalers wat hul huise verloor en steeds verplig is om voort te gaan om verbandbetalings te maak. Verdere wanbetalings deur kliënte spoor die banke aan om verdere bates terug te neem.
Die reserwebank – wat ook die plig van verbruikersbeskerming aanvaar in die afwesigheid van ’n onafhanklike liggaam met so ’n mandaat – werk hand aan hand met hoofsaaklik die justisieministerie om te verseker dat sy radikale ingrypings aan al die vereistes voldoen voordat hy die mag van die banke uitdaag.
SENSITIEWE KWESSIE
Die BoN het ’n studie gedoen oor hoe die huidige gedrag van kommersiële banke ingeperk kan word deur te verseker dat selfs howe die nuwe reëls oorweeg voordat verstekvonnisse uitgereik word.
Ebson Uanguta, die adjunkgoewerneur van die BoN, het Dinsdag gesê: “Ons is gewikkel in die kwessie van terugnemings. Dit is ’n delikate kwessie, want die banke het alles gedoen om huise terug te neem en eienaars het baie min beskerming wanneer dit gebeur.”
Hy het gesê die kwessie val nie heeltemal binne die mandaat van die sentrale bank nie, maar het bygevoeg: “Ons wette moet spreek tot die behoeftes en realiteite van ons mense.”
Nog ’n adjunkgoewerneur van die BoN, Leonie Dunn, het die huidige neiging van terugnemings gekritiseer en gesê die sentrale bank het sy verslag aan die ministerie van justisie voorgelê met ’n langtermyndoelwit om die kwessie te takel.
“Banke moet seker maak dat die ekwiteit van die koper ten alle koste beskerm word. Die mark waarin hierdie eiendomme opgeveil word, is in ’n posisie om vir die markwaarde van die eiendom te betaal, so hoekom dit vir minder verkoop en die koper in die skuld hou?” het sy gevra.
Voorstelle vir die nuwe regulasies sal deur die prokureur-generaal, Festus Mbandeka, hersien en goedgekeur word voordat dit na die parlement gestuur sal word.
Die nuwe regulasies sal deel vorm van wysigings aan die Hoërhofwet en die Wet op Landdroshowe.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie