PAS IN: BoN vind geen spoor van CUN se N$60 miljard

Augetto Graig
Die Bank of Namibia (BoN) het pas in ‘n verklaring gesê N$60 miljard is in geen stadium deur enige entiteit of individu, wat bande met Credit Union of Namibia (CUN) het, in die Namibiese bankstelsel gedeponeer of oorgeplaas nie.

Die sentrale bank het reageer op die beweerde bedrogsaak waarin N$60 miljard glo van CUN gesteel is.

Alle oorgrenstransaksies word deur handelsbanke, wat gemagtig is om buitelandse valutatransaksies te doen, by die BoN aangemeld.

Volgens die BoN is daar geen bewyse van die bestaan van die N$60 miljard nie.

Die BoN is ook nie bewus van enige verhandeling van soewereine waarborge aan buitelandse beleggers nie, soos in verskeie sosiale mediaplasings beweer.

Voorts is bewerings dat die bank se personeellede of sy platforms uitgebuit word in bedrieglike bediener-tot-bediener-transaksies, nie korrek nie. Daar is geen relevante feite of bewyse om dit te ondersteun nie, volgens Kazembire Zemburuka, BoN-woordvoerder.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!