Piramideskema: BoN vries beleggers se N$10 miljoen
Nog 'n skema tuimel
Die Bank of Namibië is op die oorlogspad teen twyfelagtige skemas waarin individue gesamentlik miljoene dollars belê het.
Individue wat in ’n piramideskema belê het, bevind hulself in limbo nadat die Bank of Namibië (BoN) verlede Vrydag bates ten bedrae van sowat N$10 miljoen gevries het.
Dit nadat hoërhofregter Marlene Tommasi in die sentrale bank se guns beslis het.
Diegene wat in die Retribute Stitera Private Investment Scheme belê het, kan nie geld uit die skema onttrek nie.
Volgens ’n beëdigde verklaring deur BoN bestuur ’n ene mnr. Ruaan Smith die skema, wat vanaf Maart 2015 geld van die publiek begin ontvang het en in ’n stadium soveel as N$35 miljoen in sy naam gehad het.
Smith het die skema se modus operandi verduidelik en gesê die besigheid het aanvanklik tot stand gekom met ‘n lidmaatskapooreenkoms wat opgestel is vir geleenthede deur arbitrage op internasionale kriptomarkte; en dat kontrakte aangegaan is tussen ‘n klub – wat Smith verteenwoordig het – en nuwe lede.
Die skema is soos volg bestuur: Die stigter is verantwoordelik vir die bestuur van die klub en die klub se bedrywighede; alle beleggings wat lede maak, word direk aan die aansoeker as stigter betaal; elke lid sal deel in die wins en/of verlies van die klub, in verhouding met die kapitaal wat belê is, en enige verlies op die kriptobeleggings sal ‘n verlies vir die lede tot gevolg hê, het Smith aan die sentrale bank verduidelik.
Hy het glo ‘n algoritme, wat hy self ontwikkel het, gebruik om beleggingsgeleenthede in kriptogeldeenhede te bepaal.
Dié piramideskema het een van die hoogste bedrae wat deur BoN gevries is.
“INGELOK”
Nog ‘n noemenswaardige skema – wat deur die buitelandse valutahandelaars mnre. Michael Amushelelo en Gregory Cloete besit word – het beleggers gelok met beloftes van hoë opbrengste op hul beleggings. Dit was van September 2018 tot Oktober 2019.
Die staat voer aan die geld wat beleggers aan Amushelelo en Cloete toevertrou het omdat hulle geglo het hul geld sou in buitelandse valutamarkte verhandel word, is nie belê nie en dat latere beleggers se geld gebruik is om hul voorgangers s’n terug te betaal.
Beleggers is na bewering gelok met beloftes dat ‘n belegging van N$5 000 ná twee tot vier maande rente van 50% sou verdien. ‘n Belegging van N$2 500, vir ‘n tydperk van agt maande, was veronderstel om ‘n uitbetaling van N$12 654,25 aan beleggers te verseker.
Beleggers het glo altesaam sowat N$14,7 miljoen aan Amushelelo en Cloete in 348 individuele transaksies betaal, het The Namibian berig.
Volgens die staat het Amushelelo en Cloete geen onafhanklike inkomste gehad wat weerspieël is in die bankrekeninge waardeur beleggers se geld gekanaliseer is nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie