Welsynsgeld in staat se visier
Kerke, organisasies moet skenkers bekend maak
'n Nuwe wysigingswet gee die sentrale bank toegang tot en beheer oor burgerlike organisasies se finansies.
“Elke Namibiër moet bewus wees, oplet en verstaan wat die regering hiermee doen. Dit onder die dekmantel dat hulle misdadigers wil uitsnuffel,” het Eben de Klerk van die Namibiese Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing (EPRA) gesê.
President Hage Geingob het op 21 Julie vanjaar die Wysigingswet op Finansiële Intelligensie no. 6 van 2023 onderteken en in die Staatskoerant no. 8139 laat publiseer. Daarvolgens dring die Bank of Namibië (BoN) se Sentrum vir Finansiële Intelligensie (FIC) daarop aan dat alle niewinsgewende organisasies in Namibië teen 29 September by die FIC geregistreer moet wees en aan streng verklaringsmaatreëls in verband met hul geldsake moet voldoen.
“Die FIC teiken welsynsorganisasies” en as gevolg daarvan ondermyn die regering demokrasie in Namibië, sê de Klerk.
“Demokrasie word bedreig as burgerlike organisasies nie vry is nie,” sê hy.
“Boetes van tot N$100 miljoen of 30 jaar tronkstraf is baie meer as wat ons het of dit beteken ’n lewenslange vonnis.”
De Klerk sê verder: “Hierdie wetgewing is ongrondwetlik in ons land.”
Karen Maiba, ’n senior nakomingsbeampte by die FIC, sê Namibië moet voor 10 Oktober vanjaar terugvoering verskaf oor stappe wat die land gedoen het om terrorisme en geldwassery te bekamp, of die land loop die risiko om op ’n internasionale gryslys geplaas te word. Dié stappe fokus op die monitering van veral die finansies van kerke, geloofsgebaseerde organisasies en welsynsorganisasies wat onder meer betrokke is by behuising, gesondheid, welsynsdienste en onderwys.
Maiba sê ’n opname in 2020 het vasgestel dat dié tipe organisasies meer kwesbaar is om misbruik te word om terrorismebedrywighede te finansier en vir finansiële misdade. Openbare besprekings oor die nuwe regulasies is in Februarie gehou, volgens Maiba.
“Alle kerke is ’n hoë risiko,” sê sy.
Die nuwe vereistes sluit in die verklaring van bronne van skenkings en ander inkomste, en die identifisering van begunstigdes. Organisasies moet ook ’n keuringsproses op alle bronne en begunstigdes uitvoer.
Maiba het die inligting by ’n vergadering by die House of Democracy in Windhoek uiteengesit, waar verskeie verteenwoordigers van burgerlike organisasies Maandag bekommerd en vol vrae oor die verwikkelinge was.
Die Civil Society Information Centre, waarvan Maiba sê sy nooit tevore gehoor het nie, was die organiseerder van die vergadering. Die ekstra koste wat die organisasies moet aangaan en die duplisering van werk om aan die vereistes te voldoen, is ook daar uitgelig.
Niewinsgewende organisasies wat nie binne die hoërisikogroep val nie, moet steeds registreer. Dié organisasies sal wel vrystelling ontvang en sal nie aan al die vereiste openbaarmaking van finansiële besonderhede hoef te voldoen nie. Die vereistes sluit in die dokumentasie en rekordhouding van enige transaksies van meer as N$5 000. Registrasievorms met alle dokumentasie aangeheg, moet per e-pos aan die FIC gestuur word, sê Maiba.
Dr. Chris Brown, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer vir die Omgewing, het sy misnoeë by die vergadering uitgespreek en die nuwe vereistes as “growwe burokratiese oorskryding” beskryf.
“Julle krap in dinge wat niks met julle te doen het nie,” het hy gesê.
“Die rede hoekom ons nie al daardie vorms wil invul nie, is omdat ons nie julle as die regering vertrou nie. Dit is onaanvaarbaar, ondemokraties en ongrondwetlik. Die sektor vir niestaatsinstellings is ’n laerisikosektor vir geldwassery en terrorisme. Die risiko lê by julle [regering] en julle staatsondernemings.”
Hy sê in Namibië hanteer kerke en welsynsorganisasies klein bedrae en deur die banke, wat die risiko beperk.
“Dit is verkeerd, heeltemal verkeerd. Die las wat op ons gepak word en die mag wat dit die regering gee om goed te weet wat hulle nie hoef te weet nie,” sê hy.
EPRA is in die proses om regsadvies in te win om die grondwetlikheid van die wetgewing te betwis, het De Klerk Dinsdag in ’n verklaring gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie