Die stigter van die AllThingsCharlie-beweging, Charlene Hartung. Foto verskaf
Die stigter van die AllThingsCharlie-beweging, Charlene Hartung. Foto verskaf

AllThingsCharlie wil vroue ondersteun

'n Groep kampvegters vir vrouebemagtiging gaan hul webwerf en sanitêre doekie-projek op 11 Junie by die MTC Dome in Swakopmund bekend stel.
Nikanor Nangolo
Die Swakopmund-gebaseerde AllThingsCharlie-beweging daag vroue en ondersteuningsgroepe uit om mekaar te inspireer en te bemagtig.

Charlene Hartung, die stigter van die beweging sê die groep streef daarna om die lewens van vroue te verbeter deur 'n warm, inklusiewe omgewing te bied en ook om by mekaar te leer oor die lewe, werk, gesin, kos, huis en hoe om vrou te wees.

“Ter ondersteuning van ons volgehoue filantropiese werk, sal AllThingsCharlie ons heel eerste laat ontbyt vir dames aanbied, wat deur JC Le Roux geborg word.

“Die geleentheid sal 'n inleiding tot ons webwerf bied sowel as praatjies deur verskeie sprekers wat fokus op die rede waarom AllThingsCharlie bestaan en wat ons missie is naamlik voeding en motivering. Die belangrikste is egter om ons ondersteuning en skenkings van sanitêre doekies aan jong meisies binne ons gemeenskap bekend te stel.”

Die sanitêre doekies-projek stel AllThingsCharlie in staat om jong meisies te bemagtig om hulself te wees.

“Ons hoop hierdie ondersteuning sal jong meisies help aangesien hulle vertroue en waardigheid verdien. Dit is ons fokus om skenkings vir dié doel tydens verskeie geleenthede per jaar in te samel,” het Hartung gesê.

Drie gassprekers sal by die geleentheid op 11 Junie teenwoordig wees. 'n Geluktrekking met 10 pryse sal ook aangebied word, asook proesessies saam met JC Le Roux, koffie, tee, sap en vingeretes.

Die ontbytgangers kan ook uitsien na uitstallings van verskeie produkte en dienste deur vroue-entrepreneurs.

“Ons het baie ondersteuning van die Swakopmundse sakegemeenskap ontvang wat sanitêre doekies en pryse geskenk het. Ons hoofborg tot op hede is JC Le Roux. Meer borgskappe sal verseker dat ons sanitêre doekies aan soveel jong meisies as moontlik kan uitdeel. Ons missie is om vroue in alle aspekte van hul lewens te verbind, te inspireer, te motiveer, te lei en te ondersteun om hul volle potensiaal te bereik, om hulle in staat te stel om geloofwaardige lewens te lei,” het Hartung beklemtoon.

Die toegangsfooi is N$200 met beperkte kaartjies wat beskikbaar is.

“As jy nie betyds ’n kaartjie kan koop nie, is jy welkom om sanitêre doekies te skenk. Ons sien uit daarna om jou te ontmoet vir borrelende netwerkvorming en motivering,” het Hartung afgesluit. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!