De Duine se mooistes gekroon
Geldinsameling ’n sukses
Ná twee jaar se onderbreking, kon die Sekondêre Skool De Duine uiteindelik weer sy gewilde skoonheidskompetisie aanbied.
Leane Locke en Giovanni Katambo is onderskeidelik as die nuwe Mej. en Mnr. De Duine aangewys.
Die duo is as die wenners gekies tydens die Sekondêre Skool De Duine se skoonheidskompetisie met die tema “Drip in Style, the Egyptian Way” wat onlangs aangebied is. Altesame 16 deelnemers (14 meisies en twee seuns) het om die gesogte titels meegeding.
Locke beoog om die skool se biblioteek op te knap.
“Ek is ’n biblioteekprefek en ek wil – met die hulp van my vriende – dit in ’n trekpleister omskep,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg dat sy verheug was om as Mej. De Duine aangewys te word.
“Dit was ongelooflik om tot die topvyf deur te dring en om uiteindelik as Mej. De Duine aangewys te word.”
Dit was Katambo, wat op netheid ingestel is, se eerste deelname aan só ’n kompetisie. Vir sy kreatiewe drag het hy ’n uitrusting uit herwinde skyfiepakkies gemaak.
“’n Skoon omgewing is ’n goeie leeromgewing. Ek gaan ’n skoonmaakprojek van stapel stuur wat op ’n gereelde basis by die skool sal plaasvind.”
Die geld wat deur die geleentheid ingesamel is, sal ten bate van die skool aangewend word.
“Daar is verskeie dinge wat getakel moet word,” het Mary Maswahu, ’n onderwyser en een van die kompetisie se organiseerders, gesê.
“Die komitee sal dit bespreek en prioritiseer watter skoolsake aandag moet geniet.”
Nog ’n organiseerder en ’n onderwyser, Lucy Lucas, het gesê die geleentheid was ’n groot sukses. “Ons het meer as 220 kaartjies verkoop en dit wat ons ingesamel het, het ons verwagtinge oortref. Ons kan net daarop voortbou.”
Mej. Namibië, Chelsi Shikongo, was die seremoniemeester by die geleentheid. Sy het gesê dat skoonheidkompetisies verskeie voordele inhou, onder meer dat dit deelnemers meer selfvertroue gee.
Mej. De Duine 2019, Lizanne Harases, het die kroon en ook ander pryse aan deelnemers oorhandig. Verskeie kunstenaars het vermaak verskaf, met DJ Spuzza (Slaughterhouse) wat ’n hoogtepunt was.
KATEGORIE-WENNERS
Meisies:
Mej. De Duine: Leane Locke
Eerste prinses: Justine Gabriel
Tweede prinses: Jade Strauss
Mej. Persoonlikheid: Talita Goliath
Gunsteling: Cindy Kahatjipara
Mej. Fotogenies: Venaani Katjiua.
Seuns:
Mnr. De Duine: Giovanni Katambo
Naaswenner en Mnr. Persoonlikheid: Jacques Fredericks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie